03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

diskussie-artikel

in enige situasie steeds die keuse het of hulle lewens

deur die Heilige Gees of deur die residu van hulle

son dige natuur beheer gaan word (Gal. 5:13-26.) Die

Heilige Gees dwing niemand om volgens God se wil

te leef nie. Een van die belangrikste redes waarom

Chris tene skynheilig lewe, is omdat ons soms nie wil

dat die Heilige Gees (met die vrug van die Gees) ons

gedrag bepaal nie.

Tweedens dink ek dat skynheiligheid onder ware gelo

wiges baie te doen het met ’n vals persepsie wat

Chris tene dikwels koester. Ons dink dat mense wat

van buite die kerk af na Christene kyk, verwag dat

ons perfek moet wees. Dus doen ons ons bes om

’n (skyn)beeld van ’n perfekte lewe aan die wêreld

voor te hou. Ons oortuig onsself ook dat indien ons

enige sonde of swakheid erken, dit mense sal afskrik.

Hierdie strewe na ’n perfekte “beeld” het egter

dikwels meer met ons eie menslike trots te doen as

met enige werk van God in ons lewens.

In teenstelling met die perfekte beeld, het iemand

eenkeer die kerk as ’n veldhospitaal in ’n oorlogsone

beskryf. Volgens die metafoor is die kerk dus ’n plek

waar stukkende en beseerde mense, wat genade nodig

het, bymekaarkom. Dit is deel van die goeie nuus

(evangelie) dat Jesus gekom het vir siekes en dooies

(Matt. 9:12).

Ek dink ons maak ’n fout om te dink dat die

wêreld verwag dat ons perfek moet wees. Hulle is veel

eerder desperaat op soek na mense wat in egtheid ’n

pad met die Here en met mekaar stap. As ons eerliker

kan wees oor ons eie stryd, sal die kerk ’n veiliger plek

wees vir mense binne die kerk en gevolglik ook ’n baie

meer aantreklike plek vir mense buite die kerk.

Ons sien ’n manifestasie hiervan in Handelinge 2.

Die integriteit en liefde wat gelowiges onder mekaar

het, was en is deel van God se plan om die wêreld te

bereik.

Dit kan dalk vir iemand klink of ek sê dat mense

net maar na die kerk toe kan kom en hulle sondes

uitleef. Dit is egter glad nie wat ek bedoel nie. Ja, die

kerk is JUIS ’n plek vir stukkende en verlore mense,

maar God los NOOIT mense soos hulle is (stukkend

en vol sonde) as hulle in die kerk inkom nie. Die

groot Geneesheer verander ons om al hoe meer aan

die beeld van Christus gelyk te word (2 Kor. 3:18).

’n Derde rede waarom die kerk met skynheiligheid

sukkel, is omdat daar mense elke week op kerkbanke

sit wat nie werklik Christene is nie. Die Bybel

praat van mense wat nog die skyn van godsdiens

behou het, maar niks meer van die krag van God

weet nie. Hierdie mense kan saamgesels oor God

en hulle ken dikwels baie tekste en kerkwoorde.

Die lewendmakende Christus het egter nog nooit

met hulle ’n ontmoeting gehad nie. Hierdie mense

probeer hulle bes om mooi, Christelike lewens te leef,

maar dit werk net op ’n oppervlakkige vlak, want

geen mens kan uit eie krag heel word of na die wil

van God lewe nie. Ons het Christus se verlossing en

die werk van die Heilige Gees in ons lewens nodig.

Hierdie mense is dus op die mees fundamentele vlak

skyn heilig. Hulle is egter ook besonder moeilik om met

die evangelie te bereik, want hulle het hulself dikwels

so diep in die skynbeeld ingegrawe dat hulle bykans nie

meer kan erken dat hulle nie die Here ken nie. Nie eens

teenoor hulleself nie.

Wat staan ons as kerk nou te doen?

Vir die ware kerk van Christus is die uitdaging om

toenemend eerlik met God, met onsself en met die

wêreld te wees. Ons sal moet erken dat ons nie perfek is

nie, maar ons sal ook moet wys dat ons groei in heiligheid

(ons is “works in progress”).

Deur dit te doen, sal die kerk weer ’n plek word wat

oop is vir sondaars en mense wat buite die kerk staan.

Dit sal ’n veldhospitaal word waar daar vir almal hoop

op genesing is. Die liggaam van Christus sal só weer

aantreklik word vir almal wat na ons kyk.

’n Woord aan my medegelowiges: Dié van ons wat

stukkend is, kom na Jesus toe, laat Hy jou genees, vir dié

wat seer het, kom na Jesus toe, laat Hy jou troos, vir dié

wat nog dood is in hulle sonde, kom na Christus toe, Hy

sal jou lewe gee. Mag ons weer ’n versameling Christene

word van wie dit waar is dat: “Die hele volk was hulle

goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered

word, by die gemeente gevoeg” (Hand. 2:47b). DK

28 DIE KERKBLAD Junie 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!