You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
diskussie-artikel

die moontlikheid van onderlinge

samewerking onderhandel. Dit

lei in 1571 tot die aangaan van

’n kerkordelike verband op die

voorwaarde in art. 1 dat een kerk nie

oor ’n ander sal heers nie. Die beginsel

van selfstandige, soewereine plaaslike

kerke was dus die vertrekpunt. Omdat

belange oorweeg is en nie struktuur

nie, het Franssprekende kerke

naas Nederlandssprekende kerke in

klassisse saamgekom.

Die Engelse Independente het

egter uit vrees vir oorheersing deur

vergaderings nie die samekoms van

vergaderings met ’n beperkte agenda

(art. 30) aanvaar nie. Die State-

Generaal het ook ná 1619 nie weer

’n nasionale sinode ná 1619 opgeroep

nie.

Vanaf die 18de eeu word al minder

gevra wat sê God en al meer gevra

wat sê die “Kerk” deur sy teoloë,

ampte en “hoogste” vergaderings.

Koning Willem I skep in 1816

die Nederlandse Hervormde

Staats kerk (enkelvoud)

Napoleon het in 1798 die Neder

lande verower, die koning verdryf

en ’n republiek uitgeroep. Hy

het die bevoorregte gemeentes van

die Dordtse Kerkorde afgeskaf en

pas torieë in armoede gedompel.

Toe Koning Willem I ná die val van

Napoleon terugkeer, wou hy die

ou orde herstel. Hy het aan staatsekretaris

Janssens opdrag gegee

om ’n staatswet vir die Nederlandse

Staatskerk op te stel.

Die Verligting, Liberalisme, Modernisme

en Deïsme het in die 17de

tot 18de eeue onbewus die kerklike

klimaat verander (vgl. Hanekom,

Die Liberalisme). Die deïsme sê God

het die wêreld soos ’n horlosiemaker

’n horlosie gemaak en daarna loop

dit op eie krag. So verskyn die Reglement

van Koning Willem I voor die

Ne derlandse Hervormde Kerk in

1816.

Die staatswet beskryf die Nederlandse

Hervormde Kerk as een

genootskaplike struktuur met kerkrade,

ringe, klasses, provinsiale en

sinodale vergaderings. Elke vergadering

het sy eie bestuur. Aan die

hoof staan ’n Algemene Sinodale

Kom missie. Gemeentes word deur

klassikale en provinsiale kommissies

(’n paar predikante) bestuur. Hulle

is aan die provinsiale bestuur ondergeskik

en beheer plekke waar nog

geen kerkrade is nie. Die koning (die

staat) benoem al die besture en lede

van die eerste Algemene Sinode.

So het 12 benoemde predikante,

een ouderling, ’n paar funksionarisse,

drie professore en twee politieke

kommissarisse as sinode die Reglement

in 1816 goedgekeur. Pligstate

vir “ampte” en kerkrade is in bylaes

by die Reglement gegee. Kragtens

die “verenigingsreg” kan sinodes dit

van tyd tot tyd wysig (Jansen, Chr.

Enc. 1925:IV.701 ev.). Die “kerk”

is dus volkome gesekulariseer tot ’n

staatskerk en het dus niks meer met

Skrif, Belydenis of Kerkorde te doen

nie.

Hierdie gesekulariseerde, horison

tale kerkbegrip het groot invloed

uitgeoefen op Afrikaanse kerke wat

’n verband met Nederland gehad

het – selfs op die Christelike Geref.

Kerk waaruit Postma in 1858 na

Suid-Afrika gekom het. Die Dordtse

Kerkorde en geskiedenis in

Suid-Afrika ken die instelling van

kerkrade (art. 37-39) en soewereine,

onafhanklike “gemeentes”. “Kerkstig

ting” kom eers in 1853 met die

NHK en in 1859 met die GKSA in

die ZAR na vore. Die plattelandse

Afrikaanse mense in drie afsonderlike

state was nie op stigting van kerke

met name nie, maar op predikante

en bediening ter plaatse ingestel.

Moontlik kan ons die geskiedenis in

’n volgende artikel DV aan die orde

stel.

Dit is immers baie duidelik dat

in die geskiedenis van die GKSA

vanaf die eerste Sinode in 1862

’n onversoenbare stryd tussen ’n

Bybelgefundeerde kerkbegrip in die

Belydenisskrifte (HK So. 21; NGB

art. 27-29; DKO bv. art. 84) en die

gesekulariseerde, genootskaplike

kerk be grip in die GKSA heers.

Ten spyte van soveel verdraaiing is

die idee van die kerk as kinders en

huisgesin van God vandag nog die

sterkste by Rome en groepe aanwesig

wat hulle afskei om “gemeente

van God” hier of daar te wees. Op

Rustenburg en Reddersburg is in

1859 kerkrade vir twee onafhanklike

kerkgemeenskappe ingestel.

In 2009 het die GKSA as kerkgenootskap

in Potchefstroom hulle

150-jarige feesgevier. In die Almanak

kom ’n doodsgeur uit ’n lang lys

“ker ke wat ontbind het” ons teë.

Klassisse domineer en skryf kerkrade

op grond van struktuur voor. So kan

mens voortgaan. Kan dit aan iets

anders as ’n skisofrene kerk begrip

toe geskryf word? Glo ons nog dat

sig bare kerke in leer en lewe die

een onsigbare kerk meer of minder

sigbaar maak (vgl. Openb. 2 en 3;

Calvyn Inst. IV.1 en 2.12; NGB 27-

29; WJ Snyman oor ecclesia in die

Nu we Testament)? Is dit nog ons

roeping? DK

26 DIE KERKBLAD Junie 2011