03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

fokusartikel

Die owerheid in

Dr. HF (Hennie) van Wyk (Geref. Kerk Bloemhof/Christiana

die kerklike belydenis

Dit is altyd belangrik om

enige saak in konteks te

lees. As daar vroegoggend

op 2 November 1561 ’n pakkie met

die Belydenis in die voorportaal

van die kasteel te Doornik gegooi

word, is daar in die Kerke in die

Sui delike Nederlande (vandag

België) baie onderstrominge: die

pous het streng opdrag gegee dat

die hervorming gestuit moet word;

sommige wederdopers is militant en

Doornik is verdeeld tussen die drie

godsdiensgroepe. Doornik is ook

omsingel deur die magte van Karel

V om dit terug te bring onder die

Katolisisme.

Eers 20 jaar ná sy dood word hierdie werk aan Guido du Brès toegedig. Hy

maak ruim van die werk van Calvyn gebruik. Die doel van hierdie geskrif was

om vir die landsregeerders duidelik die boodskap oor te bring: Wat ons glo, is

Skrifgegrond en ons onderwerp ons aan die owerheid.

Om dan Artikel 36 reg te verstaan, moet in gedagte gehou word dat die

Belydenis gerig is aan die staat, ’n staat wat die Woord van God geken het, om

die reformasie in die Nederlande in die regte lig te stel.

Belydenis

Ons moet onthou dat die Nederlandse Geloofsbelydenis ’n Belydenis is.

Dit is wat ons glo, gegrond in die Woord van God.

Die verskil tussen die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Heidelbergse

Kategismus lê daarin dat die Nederlandse Geloofsbelydenis ’n belydenis na

buite is, terwyl die Heidelbergse Kategismus ’n belydenis na binne is. Wat ek

daarmee bedoel, is dat die Nederlandse Geloofsbelydenis fokus op mense wat

nie noodwendig dieselfde as ons glo nie, terwyl die

Heidelbergse Kategismus ons leer wat ons glo en veral

fo kus op die kinders van die kerk.

Wat glo ons?

Ons glo dat die kerk en die staat twee aparte sake

is wat wel raakpunte het, maar elkeen selfstandig en

onafhanklik van die ander staan. Die vorige artikels

(27-35) fokus op die kerk, en veral Artikel 30 stel baie

duidelik dat die kerk ’n ander regeringstelsel het as die

staat. In die kerk regeer God en Hy gee sy wette sodat

die kerk volgens sy Woord funksioneer.

Wat hierdie artikel betref, moet ons mooi daarop

let dat ons glo dat die staat ’n verantwoordelikheid het

om so te regeer dat die kerk in vrede God kan dien.

Daar is egter een sin wat maklik verkeerd verstaan kan

Guido de Brès (regs) net voor sy marteldood op 31 Mei

1567 (foto: HTTP://www.christreformed.org/belgic-confession/).

18 DIE KERKBLAD Junie 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!