Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
geskiedenis

bedek met riet of pale. Op Rustenburg

en naby Pretoria op die

plaas van Andries Holtzhausen by

Pienaarsrivier. Dit was ’n vierkantige

struktuur, funksioneel vir die doel

van ’n byeenkoms, wat eerder ’n

skui ling teen die elemente was, as ’n

kerkgebou.

Toe die gemeente van Pretoria drie

jaar later drie erwe in Pretoria bekom,

is daar weer so ’n paalstruktuur opgerig

op die terrein waar die huidige

“Paul Kruger”-kerkgebou is. Daar

was geen banke of stoele nie. Elkeen

moes sy eie sitding saambring.

Daar was geen preekstoel nie. Hou

ingedagte dat daar gewoonlik net

een maal per kwartaal ’n erediens

was. Prof. Cachet het in sy feesrede

op Rustenburg in 1909 die eerste

jare op Rustenburg so beskryf: “...

Toe die gemeente hier gestig word, was

hulle eerste kerkgebou ’n huisie van

pale met strooi bedek.”

Steenkerke

Die eerste steen- of klipkerkgeboue

wat opgerig is, was op Reddersburg

(1859) in die Vrystaat en Burgersdorp

en Middelburg in die Kaapko

lonie (1861). Dit val op dat

die bestaande kerkgeboue van

die omgewing wel ’n invloed op

die ontwerp van die nuwe gebou

gehad het. Op Middelburg word ’n

kerkgebou opgerig op die patroon

van die NG Kerk Middelburg en is

vandag nog in gebruik as die oudste

Gereformeerde kerkgebou in Suid-

Afrika. In Burgersdorp was daar

reeds ’n NG-kerkgebou, kruisvormig

met ’n toring tussen twee vleuels

en Kaaps-Hollandse gewels. Die

Gereformeerdes volg hierdie patroon

na. Die gewels is egter reguitlyning

om hulle gebou van die NG-gebou

te onderskei. Die smal Neo-Gotiese

vensters het min lig ingelaat, sodat

die prediker op bewolkte dae ’n kers moes gebruik. Twee jaar later is die gebou

vergroot met 2.5 m na elke kant en groter vensters is ingebou.

In die Vrystaat, op die plaas Vlakfontein, word in 1859 ’n hulpkerk, soos

’n hartbeeshuis, as kerkgebou opgerig. Later sou die dorp Reddersburg

rondom die saaltjie ontwikkel. By die swart bevolking kry die dorp die naam

Matopporong – plek van die Doppers. Dit was ’n klei-hartbeeshuisgebou wat

spoedig te klein was, sodat dit ná twee jaar vervang is met ’n groter gebou van

30m/15m, saalvormig met spitsvensters.

Die eerste steenkerkgebou in Transvaal word ook op die waenhuispatroon

gebou, op Rustenburg en Potchefstroom, soos die Nederduitsch Hervormde

kerkgebou van Pretoria, waarin die afskeiding in 1859 plaasgevind het. Die

voordeur is in een van die kort gewelmure met geen vensters langs die deur nie.

Aan die sye van die gebou is drie of meer spitsvensters, gewoonlik oop balke

en die dak was met gras of riet gedek. Die lengte van die gebou is gewoonlik

bepaal deur die lengtebalk wat ’n wa kon vervoer, gewoonlik 17 meter. Die

hoogte was 3,6 meter en die breedte 6 meter. Die vloer was van miershoop wat

met beesmis gesmeer was, soos die gebruik van die tyd was. Die gebou het die

besondere luukse gehad dat daar riempiestoele was.

In hierdie waenhuisgeboue, ook Boerekerke genoem, was soms die enigste

meubelstuk ’n preekstoel. Waar daar wel banke was, was dit gewoonlik met ’n

middelpaadjie gerangskik, sodat – in navolging van Nederland en die Kaapse

kerke – die manne en vroue apart gesit het met die paadjie as skeiding.

Mettertyd is groter saalgeboue opgerig in ’n Neo-Gotiese styl, tot twee

of drie verdiepings hoog met hoë vensters en sonder torings of versierings.

Philippolis is vandag nog ’n voorbeeld van hierdie “Dopper”-eenvoud.

Kruiskerk

Die kruiskerk was die natuurlike oorgang van die saalvorm. Geleidelik groei

die gebouebewussyn na iets meer as net ’n bymekaarkomplek. Twee syvleuels

word ingebou, die banke word reguit geplaas in die middel en die sye, met die

fokus op die preekstoel.

Die kerkgebou van GK Pretoria.

Pretoria

In Pretoria word ook so tot

’n kruisvorm vergroot. Hierdie

aanbouing was onder leiding van

H Dijksterhuis en G Pierneef,

vader van die skilder JH Pier neef.

’n Harmonium was die orrel, maar

die gemeente koop ’n Sauer-orrel

uit Duitsland aan. Die plafon

moes eers verhoog word voordat

die orrel op die galery geïnstalleer

kon word.

Spoedig is die gebou te klein en

in 1897 word ’n nuwe kruiskerk

gebou. Die argitek was Klaas van

Rijsse. Die gebou is in die styl

30 DIE KERKBLAD Junie 2011