03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Carié Maas (Randburg)

LONDEN –

kerkwees in ’n wêreldstad

Dit blyk dat die bediening wat die Randburg-gemeente in Londen

begin het, deur God se genade besig is om uit te reik na mense van

regoor die hele wêreld.

In Londen is van die mooiste, oudste kerkgeboue in Europa, soos die

West minster-abdy waar die onlangse koninklike troue plaasgevind het, of

St. Paul’s-katedraal wat jaarliks deur miljoene toeriste besoek word. Maar in

Europa, weet almal, is kerke grootliks aan die uitsterf. Die Gereformeerde

Ker ke in Suid-Afrika, spesifi ek die Randburg-gemeente, het vyf jaar gelede

ds. Kruger de Kock na Londen gestuur om daar saam met die Free Church of

Scotland Suid-Afrikaners en ander te gaan bedien. Dié bediening het nou tot

’n opwindende nuwe weg gelei wat niemand destyds voorsien het nie.

Toe die bediening in Londen in 2005 begin het, was die Britse kerke

opgewonde oor die instroming van jong, ywerige Suid-Afrikaners. Mettertyd

het die Britse owerheid strenger visum-voorwaardes vir Suid-Afrikaners ingestel

en moes baie kerke spring om by dié veranderings aan te pas. So het

die bekende Suid-Afrikaanse Gemeente in Sentraal-Londen met bykans 70%

gekrimp as gevolg van dié en ander faktore.

Deur die Here se genade het die GKSA se Londen-bediening dit as beginsel

aanvaar om nie alleen nie, maar saam met plaaslike kerke met wie die

GKSA in eenheid is, nie net Suid-Afrikaners nie, maar ook ander mense

met die evangelie te bedien. Hoe dit presies sou gebeur, kon nooit werklik

beplan word nie, maar uiteindelik staan daar vandag een kerk met twee gemeentes

– Canada Water Church en Surrey Docks Church, wat uiteenlopende

gemeenskappe bedien.

Bykans 80% van die mense wat Canada Water Kerk bywoon, is jong Suid-

Afrikaners – sowel Afrikaans as Engels. Dan is daar ook Britte, Australiërs,

Amerikaners en ander. Kruger sê dié dienste herinner nogal aan ’n studentediens

met so om en by 40 jong, hoofsaaklik enkellopende mense wat dit geniet om

te sing, te kuier en te hoor hoe verklarend en relevant uit die Bybel gepreek

word.

Die oggenddiens het weer sowat 45 lidmate en bestaan uit gesinne – 50

persent uit Suid-Afrika en 50 persent uit ander wêrelddele. Dit is dus ’n

heel multikulturele gemeente. “In die vreemde kom Suid-Afrikaners se beste

eienskappe na vore, soos gasvryheid – en dit het die gemeente goed laat groei,”

sê Kruger.

van oraloor

Kruger en Stephanie de Kock en hulle

kinders.

Die verskil tussen die oggend-

en aanddienste is dat die lidmate

wat die aanderediens bywoon uit ’n

Christelike agtergrond kom, terwyl

baie van die oggendlidmate nuwe

gelowiges is, of ongelowiges wat vrae

het.

Hoewel die gemeentes verskil,

word hulle saamgebind in een kerk

met drie kernwaardes: die evangelie

verander álles, die kerk is ’n oop liefdesgemeenskap

van verloste sondaars

en die stad is belangrik vir God se

koninkryk. Die twee gemeentes

word verenig onder die naam City

Life London. Hier is die leierskap,

die fi nansiële bronne en die gawes,

soos die musikante, gesentraliseer.

Kruger sê hy het op grond van sy

ondervinding in dié twee gemeentes

en ook wyer blootstelling besef dat

Londen, met sy honderdduisende

mense vanoor die hele wêreld, strate

gies belangrik is vir die uitdra

van die evangelie, nie net aan Suid-

Junie 2011 DIE KERKBLAD 33

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!