03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Teologiese Skool

5. Die volgende stap is om die toelatingskomitee van

die Kuratore van die Teologiese Skool te ontmoet op

10 Oktober 2011 om 11:00 by die Teologiese Skool.

Aansoeke kan net oorweeg word indien die uitslag van

jou psigometriese evaluering bekend is, jou aansoek by

die universiteit suksesvol was en jy vir ’n persoonlike

onderhoud teenwoordig is. Jy moet op dié dag om

11:00 by mev. Anita van Schaik in die Teologie-gebou

in Molenstraat, Potchefstroom, aanmeld. Behalwe

’n persoonlike gesprek, word ook getoets of jy kan

lees en praat. Dit behels dat jy ’n voorbereide en ’n

onvoorbereide Skrifdeel voorlees (2 minute elk), asook

dat jy onvoorbereid oor ’n onderwerp moet praat (3

minute). Die Skrifdeel wat jy moet voorberei, is Lukas

24.

Verblyf

Koshuisinwoning - Kandidaatstudente wat in die

koshuis wil bly gedurende hulle studies, moet vroegtydig

aansoek doen om koshuisplasing – op die laatste teen einde

Julie van die vorige jaar. Voornemende studente moet

ongetroud en onder die ouderdom van 25 jaar wees.

Privaatlosies - Kandidaatstudente wat van privaatlosies

gebruik wil maak, moet wanneer hulle aanmeld vir die kura

torekeuring gedurende Oktobermaand, melding maak

dat hulle opsoek is na verblyf en dat die TSP vir hulle

verblyf moet soek. Privaatlosies bestaan gewoonlik uit ’n

ongemeubileerde kamer, kombuisie en badkamer. Dit

bly die student se verantwoordelikheid om te sorg vir die

nodige meublement, naamlik ’n bed, boekrak, lessenaar,

stoel, klerekas (indien die kamer nie ’n klerekas het nie),

die nodige kombuisapparaat (ketel, strykyster, potte, eetgerei).

In baie gevalle word die kombuis en badkamer met

ander studente gedeel. Studentebehuising is skaars en die

plekke naby die TSP en universiteit word gewoonlik vinnig

gevul (teen einde Oktober is daar nie meer plek beskikbaar

nie). Studente word aanbeveel om ’n fi ets aan te skaf om

tussen sy woonplek en die TSP/universiteit te kan beweeg.

Indien die student nie oor die nodige meublement beskik

nie, word die gemeente versoek om die student te help om

die meublement te bekom.

Die laaste stap is om in die begin van jou studiejaar by die

Teologiese Skool en universiteit op te daag op die datum

deur hulle aan jou verskaf, as student te registreer en jou

akademiese jaar te begin. Dit is nie wenslik om maan de

voor die aanvang van jou stu dies reeds na Potchefstroom

te verhuis nie.

Indien jy enige verdere navrae het, kan jy gerus met my in

verbinding tree:

Mev. A Moerdyk, tel. 018 299 1847; Posbus 20004,

NOORDBRUG, 2522; e-pos:

Antoinett.Moerdyk@nwu.ac.za

40 DIE KERKBLAD Junie 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!