03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

uit die Woord

U merk dat vanaf Genesis 2 deur Esegiël 37 tot by Johannes

20 daar ’n ooreenkoms is, maar ook die verskil wat die

blaas aksie betref. In Johannes 20 is ons in die gang van die

openbaringsgeskiedenis, veel verder as by Genesis 2 en Esegiël

37. Die volgende voorbeeld kan die verskil verduidelik:

’n Ma gee vir haar kleuter ’n bekertjie warm

melk.

Omdat die melk nog warm is, blaas die ma daarop

om dit af te koel sodat die kleuter dit kan drink. Dis

die een wyse waarop die kind se ma kan optree. Daar

is ook ’n ander manier.

Die ma kan self die melk proe en vasstel dat dit

nie

te warm is nie. Die kind glo dit nie. Dan neem die

ma die bekertjie melk en, al is dit onnodig, blaas sy

’n ekstra keer daarop om daardeur die kind gerus te

stel dat die melk koud genoeg is. Omdat die kind

dít sien, neem hy die melk en drink. Die blaas van

die ma was in hierdie geval onnodig. Sy het dit bloot

gedoen om die vrees van die kind weg te neem.

Dit is die verskil tussen die blaas van God by die skepping

van die mens en die blaas van Christus oor die dis sipels

die aand van sy opstanding. In Genesis 2 moes God

letterlik lewensasem in die neus van die geskape mens

blaas sodat die mens ’n lewende wese kon word (vs 2). In

Johannes 20 blaas Christus nie oor die dissipels om hulle

lewend te maak nie. Christus se blaas hier is ’n teken! Dit

is ’n aanwysing, ’n versekering aan sy dissipels dat hulle

reeds lewe. Hiermee bevestig Christus vir hulle dat hulle

saam met Hom gekruisig is en saam met Hom uit die

dood opgestaan het (Rom. 6:5; Fil. 3:10-11; Kol. 2:12).

Deur die versoeningswerk van Christus is hulle lewend

gemaak, soos die doodsbeendere by Esegiël.

Die werklikheid wat die dissipels moet besef

Dit is die werklikheid wat hulle moet besef ... waarin

hulle nou moet gaan en hulle roeping vervul as apostels

en predikers van die evangelie van die ewige lewe.

Christus wil iets baie belangrik vir die dissipels leer op

daardie eerste opstanding-Sondagaand. Hulle móét besef

dat Christus vir hulle “die lewendmakende Gees geword”

het (1 Kor. 15:45). Hulle móét verstaan wat Paulus aan

die Korintiërs geskryf het, naamlik dat Christus die Gees

is (2 Kor. 3:17).

Christus wil die dissipels tot die werklikheid bring dat

hulle in Hom lewe. Deur die opstanding van Christus is

hulle lewend gemaak. Die gelowige lewe die nuwe op stan-

dingslewe saam met Christus wat vir ons die lewe geword

het. Gelowiges mag dus nooit dink dat hulle nog dorre

doodsbene is wat oor die laagtes van die lewe gestrooi lê

nie. As lewendgemaaktes word hulle nou uitgestuur om

in ’n geestelik dorre en dooie wêreld van doodsbene die

lewendmaking in Christus profeties te bedien: “Soos die

Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook” (Joh. 20:21).

Wie is hulle? Lewendgemaaktes om ander lewend te

maak! Hulle moet die Woord van die lewe gaan bedien aan

’n wêreld van geestelik dooie mense.

Dit is die betekenis van die opstanding van Christus

uit die dood vir elke gelowige. As jy deur die geloof gemeenskap

het met Christus, die Lewendmaker, moet jy

uitgaan en die sonde wat die dood bring, teenstaan deur

lewe te bring in die sondedood.

As kerk is ons as gelowiges die liggaam van

Jesus

Christus wat lewe!

Verder is ons nie alleen die lewendgemaakte kerk nie,

ons is ook in die Naam van Christus die lewendmakende

kerk.

Dit is die roeping van elke gelowige wat deur die

geloof

met Christus een is.

Ons opdrag as gelowiges is duidelik:

In hierdie wêreld wat sterf vanweë die sonde

wat

voort woeker, moet jy lewe bring, want jy het dit van

die Lewendmaker, Jesus Christus, ontvang.

In die daaglikse lewe, wat gebuk gaan onder die

aanslag

van woede, haat, liefdeloosheid en geweld, moet

jy vrede bring omdat jy dit in Christus reeds het.

Dag vir dag lewe ons as gelowiges in die

gebrokenheid

van die lewe in skewe menseverhoudinge, besoedeling

van die skepping, afbreek van sedelike waar des

en verwording vanweë die kwaad ... maar as lewendgemaakte

kind van God moet jy met jou gedagtes,

woorde en dade herstel en vernuwing bring.

Op die siek samelewing, wat so is omdat Satan

sy

af brekende invloed oral laat geld, moet jou optrede

genesing en lewendmaking bring.

As gelowiges leef ons in die poort van die oop graf

waaruit die lig van die lewe en die ewigheid straal. Dit

moet sigbaar word in jou daaglikse optrede, omdat

jy lewe en nie meer die dood in jou omdra nie. Die

opstandingsgeloof maak jou geskik vir die werk van lewend

making. DK

4 DIE KERKBLAD Junie 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!