03.05.2013 Views

Self-Studiegids vir Taalonderwysers - Thutong

Self-Studiegids vir Taalonderwysers - Thutong

Self-Studiegids vir Taalonderwysers - Thutong

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

48

Bedankingsbrief

Huistaal

Bedank die polisieman wat jou bygestaan het tydens ‘n motorongeluk in die stad.

Brief van gelukwensing

Eerste Addisionele Taal

Julle skool het onlangs die jaarlikse prysuitdelingsfunksie gehou. Jou maat was een van die uitblinkers wat

verskeie pryse (toekennings) ontvang het. Skryf ’n brief waarin jy jou maat gelukwens met die prestasie.

Wenk: Maak melding van die verskeie pryse (toekennings).

Sakebrief

Huistaal

Skryf aan die Stadsklerk van jou dorp om hom/haar te versoek om die gevaarlike uitgrawings in jou

woonbuurt te beveilig.

Formele brief aan die pers

Tweede Addisionele Taal

Daar het die afgelope tyd baie misdaad in jou dorp plaasgevind. Mense is beroof, aangerand en motors is

gekaap. Julle gemeenskap het besluit dat jy ’n brief aan die BEELD moet skryf. Gebruik die volgende adres:

Posbus 80, Pretoria, 0001. Skryf nou daardie brief met die onderwerp: MISDAAD VERNIETIG ONS

GEMEENSKAP

Hou die volgende in gedagte:

• Watter soort misdaad vind in julle gemeenskap plaas?

• Hoe laat die misdaad julle voel?

• Wat doen die polisie aan die saak?

• Wat dink jy moet gedoen word om die misdaad te verminder?

Jy voel baie ongelukkig oor julle skool se swak matriekuitslae van verlede jaar. Daar word baie verskillende redes

gegee waarom die uitslae so swak was.Skryf ʼn brief aan die koerant waarin jy vertel hoe swak die uitslae was,

wat dit veroorsaak het en hoe dit reggestel kan word. Gebruik die volgende adres:

Die Beeld, Posbus 651, Durban, 4000. Hou die volgende in gedagte: Hoeveel leerders in julle skool het die graad

12-eksamen geskryf? Hoeveel het nie geslaag nie? Wat is die redes vir die swak uitslae in julle skool? Noem

minstens drie redes. Wat dink jy moet gedoen word om die uitslae te verbeter?

Informele brief aan die pers

Tweede Addisionele Taal

In ʼn brief wat op 15 Junie 2008 in ʼn koerant verskyn het, skryf ʼn leser die volgende:

Die viering van jeugdag gaan te veel oor politiek en baie jongmense voel nie gelukkig daaroor nie. Jeugdag is vir

die jongmense, nie vir die grootmense nie. Dit is ʼn dag vir jongmense om hulle probleme en ideale te bespreek.

Die lewe het verander en die jeug wil oor oplossings vir vigs, dwelms, misdaad en werkloosheid praat. Skryf ʼn

brief aan die Redakteur van Rapport om jou opinie te gee oor jeugdagvierings. Gebruik die volgende adres:

Posbus 80, Pretoria, 0001.

Brosjure

Huistaal

Millenium Modes wil graag hulle nuwe somer klerereeks en nuwe modeneigings aan die publiek bekendstel. Stel

’n BROSJURE saam vir een van die volgende teikengroepe: mans, vrouens, tieners, kinders.

Eerste Addisionele Taal

Stel ʼn brosjure/pamfletlet saam waarin jy vertel hoe om elektrisiteit te bespaar. Gee aandag aan hoe die individu,

groot besighede en fabrieke elk op hulle eie maniere elektrisiteit kan bespaar. Gee aandag aan die uiteensetting

van die inligting in jou brosjure/pamflet.

Self-Studiegids vir Taalonderwysers: Skryf van tekste, Julie 2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!