12.09.2013 Views

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Vrydag, 17 September 2010] 1052

2652. Mnr P van Dalen (DA) vra die Minister van Openbare Ondernemings:†

Of sy van voorneme is om wetgewing in te dien om onwettige verbindings aan

elektriese kragdrade strafbaar te maak; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike

besonderhede is? NW3309A

2653. Mnr P van Dalen (DA) vra die Minister van Openbare Ondernemings:†

(a) Wat die name van die huidige top tien skuldenaars is wat aan Eskom geld skuld,

(b) watter bedrag deur elke skuldenaar verskuldig is en (c) wat die datum is waarop

elke skuldenaar verplig was om hul skuld te vereffen? NW3310A

2654. Mnr A P van der Westhuizen (DA) vra die Minister van Handel en

Nywerheid:†

(1) (a) Hoeveel instellings tans op die Registrasiekantoor vir Maatskappye en

Intellektuele Eiendom (Cipro) se databasis verskyn en (b) vir hoeveel van dié

instellings Cipro (i) e-posadresse en (ii) nommers vir die stuur van kort

boodskappe (SMS’e) aan die instellings of hul direkteure voorsien;

(2) of Cipro ʼn beleid aangeneem het om dié inligting op hul databasis vas te lê;

so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;

(3) in watter mate Cipro tans elektroniese kommunikasiemiddels gebruik om

instellings wat op die databasis verskyn van veranderinge aan hul

besonderhede op die databasis in kennis te stel? NW3312A

2655. Mnr A M Figlan (DA) vra die Minister van Menslike Nedersettings:†

Of sy departement die gebruik van nuwe behuisingsmodaliteite as alternatief tot die

modaliteite wat tans gebruik word, ondersoek het; so nie, waarom nie; so ja, wat die

tersaaklike besonderhede is? NW3313A

2656. Mnr A P van der Westhuizen (DA) vra die Minister van Hoër Onderwys en

Opleiding:†

Met verwysing na sy toespraak by die Beraad vir Verdere Onderwys en Opleiding

op 3 September 2010 (besonderhede verstrek), (a) wat gedoen is om te verseker dat

die kollegestelsel groter selfstandigheid verkry, (b) watter faktore hy bevind het tot

gevolg het dat die kollegestelsel nie toereikend genoeg is nie en (c) waarvolgens hy

bevind het dat die ontwerp van die nasionale senior sertifikaat-kursusse

(beroepskursusse) nie behoorlik oorweeg en ondersoek is nie? NW3315A

2657. Mnr J Selfe (DA) vra die Minister van Korrektiewe Dienste:†

(1) Of die voormalige hoof van die nuwe korrektiewe sentrum by Kimberley

verplaas is na afloop van die ondersoek na die onluste wat in Augustus 2010

plaasgevind het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) watter pos

hy tans in die departement beklee en (b) wat sy rang is;

INTERNE VRAELYS: NASIONALE VERGADERING NO 29 ─2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!