12.09.2013 Views

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Vrydag, 17 September 2010] 1062

2690. Me A M Dreyer (DA) vra die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie:†

(1) Van hoeveel persone se salarisse in elke (a) per provinsie en (b) sektor geld

afgetrek is volgens die praktyk van geen werk, geen betaling omdat hulle aan

die onlangse staatsdiensstaking deelgeneem het;

(2) wat die totale bedrag aan besoldiging in elke provinsie is wat ingevolge dié

beleid afgetrek is;

(3) of enige provinsie die aanwesigheid van personeel gedurende die staking

gemonitor het; so nie, in elke geval, (a) waarom nie en (b) hoe elke provinsie

bepaal het (i) van watter persone en (ii) hoeveel om af te trek; so ja, wat die

tersaaklike besonderhede vir elke provinsie is? NW3355A

2691. Mnr J H van der Merwe (IVP) vra die Minister van Kuns en Kultuur:†

(1) Waarom enige geld beskikbaar gestel is vir die herdenking van die gebeure

wat van 1987 tot 1988 by Cuito Cuinavale, Angola plaasgevind het; so nie,

wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;

(2) of enige geld beskikbaar gestel is vir die oprigting van ʼn gedenkteken ter

herinnering aan dié geleentheid; so nie, waarom nie; so ja, wat die

tersaaklike besonderhede is;

(3) of enige geld beskikbaar gestel is om besoeke van lede van die publiek aan

die gedenkteken te reël; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike

besonderhede is? NW3356A

2692. Mnr P F Smith (IVP) vra die Minister van Menslike Nedersettings:†

Watter persentasie huise wat sedert 1994 ooreenkomstig die Herkonstruksie en

Ontwikkelingsprogram (HOP) gebou is, deur die beoogde begunstigdes in besit

geneem is? NW3357A

2693. Dr C P Mulder (VF Plus) vra die Minister van Justisie en Staatkundige

Ontwikkeling:

(1) Of sy departement sedert die boekjaar 2004-05 van enige konsultante

gebruik gemaak het; so ja, (a) hoeveel (i) konsultante en (ii) konsultantmaatskappye

in elke boekjaar gebruik is, (b) wat hul name in elke geval is,

(c) watter bedrae in elke boekjaar aan elke (i) konsultant en (ii) konsultantmaatskappy

betaal is en (d) wie die direkteure van die onderskeie konsultantmaatskappye

is wat sy departement sedert die boekjaar 2004-05 gebruik het;

(2) of enige van die konsultante en konsultant-maatskappye voorheen in diens

van sy departement was; so ja, (a) wie die persone is, (b) waarom hulle die

diens van sy departement verlaat het en (c) wat die totale finansiële waarde is

wat aan elke afsonderlike konsultant betaal is? NW3358A

INTERNE VRAELYS: NASIONALE VERGADERING NO 29 ─2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!