12.09.2013 Views

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1061 [Vrydag, 17 September 2010

2685. Mev M Wenger (DA) vra die Minister vir Samewerkende Regering en

Tradisionele Sake:†

Of die voorgeskrewe aankopingsprosedures gevolg is om die tender vir die

voorsiening van emmertoilette aan ʼn sekere maatskappy (naam verstrek) by die

munisipaliteit eThekwini toe te ken; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike

besonderhede is? NW3350A

2686. Mnr M S F de Freitas (DA) vra die Minister van Vervoer:†

(a) Hoeveel studiebeurse of beurse aan sy departement en of enige entiteite

aangebied is oor die afgelope drie jaar (i) aanvaar is en (ii) nie aanvaar is nie, (b)

waarom die studiebeurse of beurse nie aanvaar is nie, (c) wie dié studiebeurse of

beurse voorsien het, (d) wat die waarde van elk van die studiebeurse of beurse is wat

aan sy departement en entiteite aangebied is en (e) wat die tersaaklike besonderhede

van die studiebeurse of beurse is wat in elke geval aangebied is? NW3351A

2687. Mnr M S F de Freitas (DA) vra die Minister van Vervoer:†

(1) Watter (a) spoorlyne en (b) roetes (i) geheel en al geslut is of (ii) oor die

afgelope drie jaar gedeeltelik gesluit is;

(2) wat (a) die redes vir dié sluitings is, (b) die alternatiewe (i) spoorlyne en (ii)

roetes is wat in elke geval in werking is, (c) die maatstaf is wat gebruik is om

sodanige spoorlyne te sluit en (d) gedoen word om die agteruitgang van

sodanige bates te verhoed? NW3352A

2688. Mnr M S F de Freitas (DA) vra die Minister van Vervoer:†

Of sy departement ʼn ondersoek geloods het na die oorsaak van die voortgesette

vertragings van treine; so nie, waarom nie; so ja, (a) wat die resultaat van dié

ondersoek was, (b) watter stappe hy gedoen het om herhalings van dié vertragings te

voorkom en op te los en (c) hoe oplossings tot dié probleem aan die publiek

deurgegee word? NW3353A

2689. Mev D A Schäfer (DA) vra die Minister van Justisie en Staatkundige

Ontwikkeling:†

(1) In elke provinsie gedurende die Fifa-sokkerwêreldbekertoernooi in 2010, (a)

hoeveel voorvalle wat uit mensehandel spruit deur die SA Polisiediens

(SAPD) aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vir vervolging verwys

is en (b) wat die stand van elke saak tans is;

(2) of, in vergelyking met die gemiddelde getal voorvalle, daar ʼn toename in dié

tipe misdaad gedurende dié tydperk was; so ja, wat die tersaaklike

besonderhede is? NW3354A

INTERNE VRAELYS: NASIONALE VERGADERING NO 29─2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!