12.09.2013 Views

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Vrydag, 17 September 2010] 1046

2625. Mev H N Ndude (Cope) vra die Minister van Waterwese en Omgewingsake:†

Of haar departement enige studie onderneem om vas te stel of die strawwe weer en

klimaatsomstandighede langs die Suid-Kaapse kus en in die Karoo in enige opsig

aan die wêreldwye klimaatsverandering toeskryfbaar is; so nie, waarom nie; so ja,

wat die bevindings van die studie is? NW3275A

2626. Me D Carter (Cope) vra die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye:†

Of haar departement met die oog op die voorsiening van langtermyn- volhoubare

voedselsekuriteit ekologiese landbou toepas; so nie, waarom nie; so ja, wat die

tersaaklike besonderhede is? NW3276A

2627. Me D Carter (Cope) vra die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye:†

Of sy, met verwysing na die inligting volgens World Hunger ten opsigte van

hongersnood in Afrika, oor enige planne beskik om die getal van dié wat aan honger

ly, te verminder; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?

NW3277A

2628. Me D Carter (Cope) vra die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye:†

(a) Watter stappe sy doen om te verseker dat die landbousektor groei toon ten einde

aan toekomstige aanvraag te voldoen en (b) wat haar departement verwag die groei

van landbou oor die volgende vier jaar sal wees? NW3278A

2629. Mnr M A Nhanha (Cope) vra die Minister vir Samewerkende Regering en

Tradisionele Sake:†

Of daar, met verwysing na sy antwoord op vraag 2288 op September 2010, enige

verdere planne ten ospigte van ander dringende maatreëls rakende korttermyningryping

bestaan; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?

NW3279A

2630. Mnr L J Tolo (Cope) vra die Minister van Gesondheid:†

(a) Wat die gemiddelde omkeertyd is waarbinne ʼn geamputeerde van ʼn prostese

voorsien word en (b) waarom ʼn pensioenaris met die geldelike steun van ʼn sekere

kerk (besonderhede verstrek) verplig was om ʼn prostese te koop een jaar nadat die

staatshospitaal versuim het om dit te voorsien? NW3285A

2631. Mnr M A Nhanha (Cope) vra die President van die Republiek:†

(1) (a) Op watter datum hy die verslag deur die Kommissie oor Tradisionele

Leierskapgeskille en Eise ontvang het en (b) wanneer ʼn besluit oor die

verslag geneem is;

(2) of die verslag onder die onderskeie konings versprei is; so nie, waarom nie;

so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;

INTERNE VRAELYS: NASIONALE VERGADERING NO 29 ─2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!