12.09.2013 Views

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Vrydag, 17 September 2010] 1050

(4) of hy enige stappe gaan doen om enige verkwiste en nuttelose besteding te

verhaal wat die persoon gedurende sy ampstermyn aangegaan het; so nie,

waarom nie; so ja, watter stappe? NW3299A

2643. Mnr N J van den Berg (DA) vra die Minister van Kommunikasie:†

Of die SA Uitsaaikorporasie (SABC) sedert die totstandkoming van die nuwe raad

op 10 Januarie 2010 ʼn korporatiewe plan aan hom voorgelê het; so nie, waarom nie;

so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW3300A

2644. Mnr N J van den Berg (DA) vra die Minister van Kommunikasie:†

Of die SA Uitsaaikorporasie (SABC) ʼn omkeerstrategie voorgelê het ooreenkomstig

die Nasionale Tesourie se voorwaardes voor die voorwaardelike toekenning

toegestaan is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike

besonderhede is? NW3301A

2645. Mnr N J van den Berg (DA) vra die Minister van Kommunikasie:†

(1) Of die kontrak aan ʼn sekere agentskap (naam verstrek) om uitsaairegte te

verseker vir Fifa-erkende sokkergeleenthede aanbestee is; so nie, waarom

nie; so ja, wat die (a) name van die maatskappye is wat tenders ingedien het

en (b) besonderhede van elke tender is;

(2) met verwysing na die toekenning van die kontrak aan die gemelde agentskap,

watter bedrag die SA Uitsaaikorporasie (SABC) se raad die groep-hoof-

uitvoerende beampte (GHUB) oorspronklik gemagtig het om aan te bied;

(3) of ʼn geskrewe voorlegging voor die goedkeuring van die kontrak aan die

SABC-raad voorgelê is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike

besonderhede van die voorlegging is;

(4) of die SABC-raad die finale bedrag goedgekeur het wat aan die gemelde

maatskappy aangebied is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike

besonderhede van die goedkeuring is;

(5) op watter statutêre voorwaarde die GHUB kon steun om af te wyk van die

vermelde bedrag waarop die SABC-raad ooreengekom het? NW3302A

2646. Dr A Lotriet (DA) vra die Minister van Basiese Onderwys:†

Of sy die nasionale prioriteite soos bepaal in die Funza Lushaka-beursprogram sal

hersien met die doel om Afrikaans in te sluit; so nie, waarom nie; so ja, wanneer dit

hersien sal word? NW3303A

2647. Dr A Lotriet (DA) vra die Minister van Kuns en Kultuur:†

(1) Of ʼn oudit van die Morele Herlewingsbeweging afgehandel is; so nie, (a)

waarom nie en (b) wanneer dit afgehandel sal word; so ja, wat die bevindings

is;

INTERNE VRAELYS: NASIONALE VERGADERING NO 29 ─2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!