12.09.2013 Views

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Vrydag, 17 September 2010] 1058

2674. Mev S V Kalyan (DA) vra die Minister van Waterwese en Omgewingsake:†

(1) Waarom sy die konstruksie van vulstasies van die lys onder die regulasie van

omgewingsimpakstudies vir 2010 verwyder het sodat dit nie meer ʼn

voorafgaande omgewingsvolmag vereis nie;

(2) of openbare raadpleging deur haar departement voor dié besluitneming

onderneem is; so nie, waarom nie; so ja,

(3) vir hoeveel vulstasies se konstruksie (a) in 2009 en (b) gedurende die tydperk

1 Januarie 2010 tot op die jongste datum waarvoor inligting beskikbaar is,

goedkeuring gegee is en (c) wat die ontleding elke provinsie is;

(4) of sy haar besluit om die konstruksie van vulstasies te verwyder van die lys

van bedrywighede wat voorafgaande omgewingsvolmag vereis, sal hersien;

so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW3334A

2675. Mnr G R Morgan (DA) vra die Minister van Polisie:†

Of enige polisielede van die polisiekantore op (a) Westville, (b) Pinetown, (c)

Mariannhill, (d) Hillcrest, (e) KwaDabeka, (f) Hammarsdale en (g) Mpumalanga

fiksheidsevaluering ondergaan het en opleiding ontvang het (i) in 2009 en (ii)

gedurende die tydperk 1 Januarie 2010 tot op die jongste vermelde datum waarvoor

inligting beskikbaar is; so nie, waarom nie; so ja, (aa) hoeveel in elke geval by elke

polisiekantoor, (bb) hoeveel lede nie hul evaluerings geslaag het nie en (cc) watter

stappe gedoen is om die aangeleentheid reg te stel? NW3335A

2676. Mnr M J Ellis (DA) vra die Minister van Minerale Bronne:†

(1) (a) Hoeveel personeellede van haar departement rolle ten opsigte van

nakoming en toepassing van omgewingsbestuursplanne by myne vervul en

(b) wat die uiteensetting van dié getal is volgens personeel wat aan die (i)

nasionale kantoor en (ii) streekskantore toegewys is;

(2) wat die (a) naam, (b) ampstitel, (c) kantoorverband en (d) hoogste

opvoedkundige kwalifikasie van elke personeellid is wat in nakoming en

toepassing van omgewingsbestuursplanne werk;

(3) hoeveel vakante poste daar vir personeel is wat in nakoming en toepassing

van omgewingsbestuursplanne (a) op nasionale vlak en (b) in die

streekskantore werk? NW3336A

2677. Me M R Shinn (DA) vra die Minister van Wetenskap en Tegnologie:†

(1) (a) Watter vordering ten opsigte van die ondersteuning van 68 nuwe

navorsingsprofessorate tot en met 2013 gemaak is, (b)(i) in watter

wetenskaplike dissiplines en (ii) by watter tersiêre instellings dié professorate

geskep sal word en (c) watter (i) persentasie en (ii) vermelde bedrag van haar

departement se begroting opsygesit is om dié professorate (aa) in die huidige

boekjaar en (bb) in die mediumtermynbegrotingsraamwerk te steun;

INTERNE VRAELYS: NASIONALE VERGADERING NO 29 ─2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!