12.09.2013 Views

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Vrydag, 17 September 2010] 1048

2635. Mnr I O Davidson (DA) vra die Minister van Waterwese en Omgewingsake:†

(1) Of die 18-maande tydslyn van die begin tot die afhandeling van die

ondergrondse mynwaterprojek aan die Witwatersrand (besonderhede

verstrek) die dringendheid in berekening bring van toenemende bedreiging

wat suur mynwater in die aangetaste komme inhou; so nie, wat gedoen sal

word om die saak reg te stel; so ja, hoe daar tot dié gevolgtrekking gekom is;

(2) of die tydslyn vir die projek voldoende tyd toelaat om die noodsaaklike

uitkomste na afloop van die voor-uitvoerbaarheidstudie in werking te stel

voordat die suur mynwater onder die stad van Johannesburg bo

omgewingskritieke vlak styg; so nie, wat gedoen sal word om die saak reg te

stel; so ja, hoe daar tot dié gevolgtrekking gekom is;

(3) of haar departement dit sal oorweeg om die tydperk te verkort waarbinne die

voor-uitvoerbaarheidstudie voorgelê moet word; so nie, waarom nie; so ja,

wat die tersaaklike besonderhede is? NW3291A

2636. Mnr G R Morgan (DA) vra die Minister van Waterwese en Omgewingsake:†

(1) Of haar departement enige verband tussen stygende suur mynwater in die

komme van Gauteng en seismiese bedrywighede in die streek vasgestel het;

so ja, hoe daar tot dié gevolgtrekking gekom is; so nie,

(2) of haar departement ʼn studie doen om die verband tussen stygende suur

mynwater en seismiese bedrywighede te bepaal; so nie, waarom nie; so ja,

wat die tersaaklike besonderhede is? NW3292A

2637. Mev D A Schäfer (DA) vra die Minister van Justisie en Staatkundige

Ontwikkeling:†

Wat die stand van ʼn sekere persoon se appèl teen sy skuldigbevinding in die

Gautengse Streekhof is (besonderhede verstrek)? NW3293A

2638. Mev A Steyn (DA) vra die Minister van Landelike Ontwikkeling en

Grondhervorming:†

Of hy van voorneme is om ʼn gewysigde weergawe van die Expropriation Bill [B16-

2008] wat voor die Derde Parlement gedien het, in te dien; so nie, wat die posisie in

dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW3295A

2639. Mev A Steyn (DA) vra die Minister van Landelike Ontwikkeling en

Grondhervorming:†

(1) (a) Wat die aard van die opleiding is wat aan die nasionale landelike

jeugdienskorps voorsien sal word, (b) wat dié opleiding behels en (c) wie vir

die administrasie van die opleidingsprogram verantwoordelik is;

INTERNE VRAELYS: NASIONALE VERGADERING NO 29 ─2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!