12.09.2013 Views

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

INTERNE VRAELYS

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1055 [Vrydag, 17 September 2010

2663. Mnr M Waters (DA) vra die Minister van Justisie en Staatkundige

Ontwikkeling:†

Met verwysing na ʼn sekere saak (besonderhede verstrek), wat die redes is vir die

besluit van die nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings om te weier om enige

persoon met betrekking tot die aangeleentheid te vervolg? NW3322A

2664. Mnr M Waters (DA) vra die Minister van Gesondheid:†

Of hy beoog om wetgewing soortgelyk aan dié wat op tabakprodukte betrekking het

vir die beperking van advertensies vir alkoholprodukte in te bring; so nie, waarom

nie; so ja, (a) wanneer sulke wetgewing ingebring sal word en (b) wat die verdere

tersaaklike besonderhede is? NW3323A

2665. Me D Kohler-Barnard (DA) vra die Minister van Polisie:†

Of daar ʼn tydraamwerk vir die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke (Valke)

bestaan waarbinne verdere ondersoeke ten opsigte van ʼn sekere persoon (naam

verstrek) onderneem moet word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike

besonderhede is? NW3324A

2666. Me D Kohler-Barnard (DA) vra die Minister van Polisie:†

(1) Of enige polisietoerusting gedurende die Nasionale Kommissaris van Polisie

se besoek aan Frankryk vroeër vanjaar aangekoop is; so ja, (a) watter items,

(b) met watter doel dié items aangekoop is, (c) wat die totale koste van die

items is wat aangekoop is en (d) van watter maatskappye dié items

aangekoop is;

(2) of ʼn tenderprosedure gevolg is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so

ja, watter plaaslike maatskappye gevra is om te tender;

(3) of die items wat aangekoop is plaaslik beskikbaar is; so nie, waarom nie; so

ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW3325A

2667. Me D Kohler-Barnard (DA) vra die Minister van Polisie:†

(1) Of die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke (Hawks) ʼn klagteprosedure

onder toesig van ʼn afgetrede regter (naam verstrek) ingestel het; so

nie, waarom nie; so ja,

(2) of dié kantoor in bedryf is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a)

wie die hoof van dié kantoor is, (b) hoeveel personeellede daar werksaam is

en (c) wat dié kantoor se mandaat is;

(3) of enige klagtes regstreeks aan dié kantoor ingedien is; so nie, waarom nie;

so ja, (a) hoeveel en (b) wat die gevolge van dié klagtes was? NW3326A

INTERNE VRAELYS: NASIONALE VERGADERING NO 29─2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!