11.07.2015 Views

Ons leef ons waardes - Colgate

Ons leef ons waardes - Colgate

Ons leef ons waardes - Colgate

SHOW MORE
SHOW LESS
• No tags were found...

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Wette oor verbruikers se privaatheid word voortdurend ontwikkel en gewysig. Ons verbind ons daartoeom privaatheidswette en -standaarde wat ontwikkel word, te monitor en kan moontlik, van tyd tottyd, spesifieke beleidsrigtings opstel in reaksie daarop. Tree asseblief in verbinding met die wêreldwyeregsorganisasie vir meer inligting oor die beskerming van persoonlike data.Ons kom beleid oor pers- en mediaversoeke na.Versoeke deur die media, pers, die finansiële gemeenskap of die publiek om Colgate se finansiële of sakeinligtingte verkry, moet verwys word na die visepresident vir korporatiewe kommunikasie of die visepresidentvir beleggersbetrekkinge. Versoeke vir inligting of ander kontak deur die Effekte-en-Beurskommissie, die NewYork Aandelebeurs of ander reguleerders en owerhede in die wêreld moet na die wêreldwye regsorganisasieverwys word. Dit is kritiek belangrik dat geen werknemer self op enige sodanige navraag of kontak reageer nie,aangesien enige ongepaste of onakkurate reaksie, selfs ’n weiering of ontkenning van inligting, tot negatiewepublisiteit kan lei en ook die maatskappy se regsposisie ernstig kan beïnvloed.Hierdie beleid geld nie vir versoeke om finansiële inligting wat aan die publiek beskikbaar is, soos jaar- enkwartaalverslae, of vir die maatskappy se promosie- en publisiteitsbedrywighede nie.Versoeke vir onderhoude met enige Colgate-individu wat verband hou met die maatskappy, sy sake en/ofdie uitreiking van enige maatskappy-persvrystellings en/of -verklarings moet vooraf deur die visepresidentvir korporatiewe kommunikasie of die visepresident vir beleggersbetrekkinge nagegaan en goedgekeurword. Onderhoude wat deur die maatskappy geïnisieer is, moet op dieselfde wyse goedgekeur word voor ditmet die media geskeduleer kan word.Vir verdere inligting oor die maatskappy se riglyne vir die beskerming van vertroulike inligting, raadpleegasseblief “Colgate-Palmolive se riglyne oor effekteverhandeling en vertroulikheid van inligting” en “Colgate-Palmolive se riglyne oor die beskerming van vertroulike maatskappy-inligting en respek vir ander severtroulike inligting”, wat gevind kan word in die maatskappy se sakepraktykriglyne.Ons stel betroubare rekords en verslae op.Ons maatskappy se finansiële posisie en die resultate van sy bedrywighede moet aangeteken wordin ooreenstemming met wetlike vereistes en algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk (AARP).Maatskappybeleid, asook die wet, vereis dat Colgate boeke, rekords en rekeninge moet opstel wat die aardvan die saketransaksies en die gesteldheid van die maatskappy se bates akkuraat en billik weerspieël.Die integriteit van die maatskappy se rekeningkundige en finansiële rekords hang af van die akkuraatheiden volledigheid van die basiese inligting wat inskrywing in die maatskappy se boeke en rekeningsrugsteun. Almal wat betrokke is by die skep, verwerking en aantekening van sodanige inligting wordverantwoordelik gehou vir die integriteit daarvan. Elke rekeningkundige of finansiële inskrywing moetpresies weerspieël wat die ondersteunende inligting beskryf. Geen inligting moet van (of deur) die bestuurweerhou word nie, of van die maatskappy se interne of onafhanklike ouditeur nie.Geen betaling sal namens die maatskappy goedgekeur of gedoen word met die bedoeling ofverstandhouding dat enige deel van die betrokke betaling aangewend sal word vir enige ander doel as diéwat in die ondersteunende dokumente beskryf word nie. Geen vals of misleidende inskrywings moet omenige rede in enige maatskappyboeke of -rekords ingeskryf word nie, en geen maatskappyfonds, -bate of-rekening mag tot stand gebring, aangeskaf of gehou word vir enige doel nie, tensy die betrokke fonds,bate of rekening behoorlik in die maatskappyboeke en -rekords weergegee word. Geen korporatiewefondse of bates moet vir enige onwettige of ongepaste doel gebruik word nie. Bestuurders en ander partyewat verantwoordelik is vir die opstel van finansiële inligting moet verseker dat Colgate se finansiëlebeleidsrigtings gevolg word. Inkomste en uitgawes moet tydig na behore aangedui word.Colgate-Palmolive-maatskappy 11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!