11.07.2015 Views

Ons leef ons waardes - Colgate

Ons leef ons waardes - Colgate

Ons leef ons waardes - Colgate

SHOW MORE
SHOW LESS
• No tags were found...

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ONS VERHOUDINGMET AANDEELHOUERSOns streef daarna om die belange van ons aandeelhouers te dien en om aandeelhouerwaardete help bou.Ons handhaaf goeie korporatiewe bestuursgedrag omaandeelhouerwaarde te beskerm.Die maatskappy se beleidsrigtings en -programme oor korporatiewe bestuursgedrag, waarvan hierdiegedragskode ’n sleutelelement is, dien as ’n belangrike veiligheidsmeganisme vir aandeelhouers. DieAmerikaanse Kongres, die Effekte-en-Beurskommissie, die New York Aandelebeurs en ander reguleerdersen owerhede wêreldwyd het die afgelope paar jaar baie wigte en teenwigte deurgevoer ten einde die etiesekorporatiewe gedrag te bevorder wat al jare lank standaardpraktyk by Colgate is. ’n Onafhanklike direksie,wat bestaan uit ’n wesenlike meerderheid onafhanklike direkteure, en onafhanklike komitees wat toesighou oor oudit-, vergoeding- en bestuursgedragsake, dien ons aandeelhouers goed. Komiteehandveste enbestuursgedragriglyne wat gereeld bygewerk word, omskryf die direkteure se rolle en verantwoordelikhedeen die maatskappy se korporatiewe bestuursgedragbeginsels baie duidelik.Vir ’n meer gedetailleerde beskrywing van die maatskappy se korporatiewe bestuursgedragprogram,raadpleeg asseblief “Colgate-Palmolive se maatskappydireksie se riglyne oor belangrike korporatiewebestuursgedrag-aangeleenthede” en die handveste van die maatskappy se ouditkomitee, die nominasie-enkorporatiewebestuursgedrag-komitee,die personeel-en-organisasiekomitee en die finansiële komitee, watalmal beskikbaar is op die maatskappy se webwerf.Ons handhaaf streng ouditprogramme om beleggersvertroue teverhoog.Die maatskappy is verbind tot die gehalte, integriteit en deursigtigheid van sy finansiële verslae. Hierdieverbintenis word weerspieël in die maatskappy se ou, beproefde beleidsrigtings en prosedures, insluitende ’ninterne ouditgroep wat finansiële beheermaatreëls wêreldwyd monitor, onafhanklike ouditeure met ’n breëmandaat en ’n onafhanklike ouditkomitee wat toesig hou oor hierdie areas. Ons verwag van Colgate-menseom oop en eerlike kommunikasie en ’n vrye vloei van inligting met die interne en eksterne ouditeure en dieouditkomitee te handhaaf ten einde die doeltreffendheid van hierdie hulpbronne te optimaliseer.Raadpleeg asseblief “Colgate-Palmolive se maatskappy-ouditkomitee-handves” wat beskikbaar is op diemaatskappy se webwerf vir bykomende inligting oor die belangrike rolle van die maatskappy se interneouditeure, onafhanklike ouditeure en die ouditkomitee.Ons hou aandeelhouers ingelig oor die maatskappy se vordering.Aandeelhouers word elke jaar uitgenooi na die maatskappy se jaarvergadering, waar die maatskappyse vordering die afgelope jaar in oënskou geneem word en waar aandeelhouers die geleentheid kryom vrae aan die maatskappy se senior bestuurslede te rig. In die maande tussenin kan aandeelhouersdie maatskappy se webwerf, www.ColgatePalmolive.com, besoek vir meer inligting oor onlangseprodukbekendstellings, die jongste finansiële resultate, die maatskappy se volhoubaarheidswerk en andersakeverwikkelings.26 Gedragskode

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!