02.05.2013 Views

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

) Van binne.

Dit beteken jou gedagte wêreld. Die gedagte wêreld is die donkerkamer waar jou ware oortuigings gevorm

word. Satan sal poog om jou gedagte wêreld te gebruik om negatiewe dinge te ontwikkel. Dit is ook in jou

gedagte wêreld waar die satan sekere sataniese feite aan jou bekend wil maak en jou daaroor te laat top,

totdat jy dit glo bo die WOORD van God.

Byvoorbeeld: Dit mag wees dat jy ‘n ernstige behoefte het aan die voorsiening van die Here. Hy sal poog

om vir jou te sê: “Die feit is dat dit sleg gaan met jou.” Wat is die waarheid? Die waarheid is dat God jou

liefhet en dat Hy jou sal help op die regte tyd. Die Waarheid sal jou vrymaak.

c) Van bo.

Dit beteken dat satan poog om jou direk te verlei. Hy het vir JESUS gesê dat hy Hom al die rykdom sal gee

as hy neerbuig en satan aanbid. Hierdie is strikke wat satan stel om die SAAD van die Woord te vernietig en

te verdring.

Jesus is die oorwinnaar. Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat

hulle lewe en oorvloed kan hê.

God toets van tyd tot tyd ons geloof. Dit staan bekend as beproewing. Dit is in hierdie tye wanneer Hy jou

letterlik weeg. Hy wil sien of jy Hom waarlik liefhet. God het vir Petrus gevra: “Het jy my waarlik lief?” Dit is ‘n

toets wat jy as gelowige moet slaag. So wanneer jy bid: “Lei my nie in versoeking nie”, beteken dit dat jy die Here

vra om jou te bewaar van die versoekinge wat die satan bring.

Jak 1:2-4 AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat

die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom,

sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

2. Bly onder die beskerming van God.

Sonde, ongehoorsaamheid, ontrouheid en nalatigheid maak jou ‘n teiken vir die duiwel.

Ps 119:11Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

1 Joh 2:3 EN hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar.

Gehoorsaamheid aan die Woord van God bring God se beskerming in jou lewe.

Daar is net een manier waarmee die satan die grondgebied, wat ons toekom, kan steel. Deur SONDE. Wat is

sonde – ongehoorsaamheid aan die WOORD van God.

Die Here wil jou help en Hy het jou reeds die oorwinning gegee. Skuil by die Here!

3. Verlos ons van die bose.

Efe 6:10-13 EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle

wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie

teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van

hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle

weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

a) Die helm van verlossing.

Die helm is die wete dat jy verlos is deur die bloed van die Seun van God. Sekerheid van saligheid. Jy

kan verseker weet dat jy op die regte pad is. Het jy die sleutel tot die ewige lewe in jou hart? As jy met

oortuiging kan antwoord sal die verlossing van God jou deel wees.

Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader

behalwe deur My nie.

14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!