02.05.2013 Views

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die tweede rede is geestelik.

Vas is nie net om jou van voedsel te weerhou nie. Dit verwissel die behoeftes van die fisiese liggaam vir diè van

die geestelike. Lang tye van gebed en om God se Woord te lees sal uiters essensieel wees as jy ingaan in ‘n

meer intieme kommunikasie met God om jou vas te handhaaf tot voltooiing. As jy jou energie verkwis op baie

opdragte of besig is om spesiale tyd met God te verwaarloos, terwyl jy vas, sal jy liggaamlik en geestelik

uithonger. Jy sal jouself ontmoedigend en gefrustreerd vind met jou vas instede van voordelig en opgelig en

geseënd te wees. Ek wil nie hê dat dit met jou moet gebeur nie.

Hoe meer tyd jy met God spandeer in gemeenskap, aanbidding en verering van Hom, hoe meer jy lees en

mediteer op Sy Woord, hoe groter sal jou effektiwiteit in gebed wees en hoe meer betekenisvol sal jou vas wees.

Dus spoor ek jou aan om gevolglik jou skedule so in te rig!

Deel met die antwoorde

Baie mense is huiwerig om ander te vertel dat, as hulle vas, hulle so die sondes van die Fariseërs sal vermy:

slegs om te vas om vir hulself erkenning te kry. Ek glo sterk dat houding ‘n gevolg is van ‘n verkeerde

interpretasie van ons Here se lering en dit is ‘n strik van die vyand wat nie wil hê dat ons moet vas nie. Ook om

met jou geliefdes, bure en vriende die voordele van vas te deel.

Om onsself te isoleer van die ondersteuning van ander christene, sal ons meer sensitief tot vertwyfeling en

negatiewe invloede (beide menslik en demonies) wees. Ons benodig die gebedswapen van ander

christenvriende en familielede om ons te help om vol te hou wanneer ons alleen voel en wanneer die vyand ons

verlei om ons Here op te gee soos hy gedoen het met Jesus Christus. Uiteindelik sal mense opmerk dat jy nie

eet nie. Hoe dit sy, ek het gevind dat, tensy jy hul daagliks sien, hulle nie dit beskou dat jou oorgeslane maaltye

veel van ‘n saak is nie. As jy gevra sou word sal ongelowiges tevrede wees met ‘n kort antwoord soos “ek het

ander planne vir middag-ete vandag”. Christene sal tevrede wees wanneer jy antwoord dat jy vandag vas.

As vriende en familie hul saak omtrent jou gesondheid uitspreek, kalmeer hul vrese deur hulle te vertel dat jy sal

ophou vas die oomblik wanneer jy voel dat jy jou liggaam skade berokken of as die Here jou lei om daarmee op

te hou. Vertel hulle dat jy vas onder jou dokter se sorg, wat ek by jou aandring as jy enige vrae het rakende jou

gesondheid.

Daar is gewoonlik geen rede om vreemdelinge of terloopse kennisse te vertel van jou vasting nie. As jy het, sal

hulle jou onderwerp aan ‘n hele klomp vrae wat jy moontlik nie sal wil antwoord nie. In elk geval, gebruik maar

jou beste oordeel en die Here se leiding om mense te vertel van jou vas.

Laat jou ondervinding tel

Om God se beste seëninge te ontvang deur middel van vas, benodig absolute oorgawe. Om spesiale tyd elke

dag met God te reël, is van uiterste belang in die bereiking van intieme gemeenskap met die Vader. Jy moet

jouself oorgee om God se aangesig te soek, selfs (en veral) gedurende daardie tye wanneer jy swak, kwesbaar

of geïrriteerd voel. Lees Sy Woord en bid gedurende wat maaltye was. Mediteer op Hom wanneer jy in die nag

wakker word. Sing lofsange tot Hom wanneer dit jou behaag. Fokus op jou Hemelse Vader en maak elke handel

en wandel een van lofprysinge en aanbidding. God sal jou in staat stel om Sy opdrag te ondervind om “te bid

sonder ophou” terwyl jy Sy teenwoordigheid soek.

Soos jy ingaan in hierdie tyd van verhoogde geestelike oorgawe, wees bewus daarvan dat Satan alles sal doen

wat hy kan om jou weg te trek van jou gebeds- en Bybelleestyd. Wanneer jy voel dat die vyand probeer om jou

te ontmoedig, gaan dadelik na God in gebed en vra Hom om jou te versterk in jou oplossing van moeilikhede en

versoekings.

Die vyand maak jou ‘n teiken, want hy weet dat vas die mees kragtigste van alle dissiplines van Christene is en

dat God iets baie spesiaal het om jou te wys terwyl jy op Hom wag en Sy aangesig soek. Satan wil nie hê dat jy

in geloof moet groei nie en sal enigiets doen om jou honger en knorrig te maak om moeilikheid te begin in jou

familie, of jou werk, om jou te stop. Maak gebed jou skild teen sulke aanvalle.

24

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!