02.05.2013 Views

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kom ons toets ons standaard:

Bid jy elke dag met ’n gedissiplineerde gebedsverhouding.

Staan jy elke dag vroeg op om in gebed met God tyd te spandeer.

Lees jy elke dag jou Bybel met ’n openheid om deur God geleer te word.

Woon jy die kerkdienste GETROU by?

Eer jy elke maand die Here met jou VOLLE tiende, daardeur aan die plaaslike gemeente te gee?

Leef jy ’n heilige of afgesonderde lewe van die sondige wêreld?

Dien jy in jou kerk deur jouself diensbaar te stel tot die groei en welstand van die plaaslike gemeente.

Hou jy die arms van die gemeente se leiers waarlik omhoog?

Volg jy waarlik die Here Jesus Christus?

Glo jy dat God is en ’n beloner is van die wat na Hom soek?

Soek jy elke oomblik en in elke seisoen na God?

As daar vandag ’n hofsaak oor jou verhouding rakende Jesus sou gewees het. Sou daar genoeg bewyse gevind

kon word om te kom bewys dat jy Christus deur en deur gedien het. Sou jou bankstaat getuienis gelewer het van

jou oop hand vir die werk van die Here? Sou jou dagboek getuig het van die tyd wat jy aan God gegee het? Sou

jou kinders en familie met blydskap oor jou toewyding aan Jesus getuig het? Sou jou bure en vriende kon sê dat

jy waarlik Jesus lief gehad het? Sou jou media smaak kon getuig van jou liefde vir God?

Jy sien baie sê hulle dien God, maar daar is nie ’n standaard aan hulle verhouding gekoppel nie. Die wat vir God

in hierdie generasie gaan uitstaan is die wat standaard het.

TOEWYDING

Toewyding is die proses wat ons standaard sigbaar maak. Dink maar aan ’n bekwame pianis. Wanneer so ’n

persoon agter die klavier inskuif word dit dadelik sigbaar en hoorbaar dat hierdie persoon toegewy is aan sy

talente. Net so gaan ons gou hoor as daar swak of geen toewyding is nie.

Dieselfde geld vir ons Christenskap. Ons hoef nie vir mense te vertel wat ons glo nie – hulle sien dit maklik in

ons optrede. So jy mag dalk goeie standaarde voorstaan, maar jou toewyding openbaar die ware jy.

Toewyding is die persoonlike dissipline aan die STANDAARD wat jy stel. Niemand gaan jou kan motiveer om

toegewyd te wees nie, slegs jou LIEFDE vir die saak sal jou kan motiveer. Niks sal jou ook kan ontmoedig om

toegewyd te bly nie, behalwe wanner jou liefde vir die saak koud word nie.

Toewyding is die stille daadwerklike proses wat jou ooreenkoms met God in plek hou. Sonder toewyding is ons

soos die Bybel sê: Sout wat laf geword het.

Mat 5:13 Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug

nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.

Toewyding openbaar en ontwikkel jou talente en mense word sterk beïnvloed deur die maat van jou toewyding.

Ons almal hou van mense wat toegewyd is in die ooreenkomste wat hulle maak. Ons vertrou sulke mense om

ons te help en ons wil NOOIT met mense deel wat nie toegewyd is in hulle taak nie.

’n Motorwerktuigkundige wat nie toegewyd is nie maak dat jou voertuig bly breek. ’n Dokter wat nie toegewyd is

nie, skryf die verkeerde medisyne voor. ’n Kok wat nie toegewyd is nie, sê resepte vaal. ’n Christen wat nie

toegewyd is nie, maak dat hy sowel as die wat na hom opkyk, hel toe gaan.

Luk 6:39 En Hy het vir hulle ‘n gelykenis uitgespreek: ‘n Blinde kan tog nie ‘n blinde lei nie! Sal hulle nie altwee in

die sloot val nie?

So jou toewyding aan enige saak bepaal hoe suksesvol jy daarin gaan wees. Hoe lyk jou toewyding aan die

ooreenkoms wat jy aan die Here gemaak het?

28

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!