02.05.2013 Views

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

om hulle tiende op hulle eie diskresie aan te wend nie. God sê dat ons Sy tiende na die kerk toe moet bring.

Daar is mense wat God se tiende aanwend soos hulle goeddink, maar dit bring iemand onder veroordeling, as jy

God se geld spandeer. Ons kan nie God se tiende spandeer waar ons dink die behoefte is nie, ons moet dit kerk

toe bring soos God dit bestem het. Sal iemand sy belasting geld op sy eie goed spandeer? Dit is bedrog en die

regering sal so persoon daarvoor vervolg.

Mal 3:10 Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin,

sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n

oorvloedige seën sal uitstort nie. Spr. 3:9-10 Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou

inkomste; (10) dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.

7. Om die evangelie te versprei.

1Kor 9:14 “So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet

lewe.”

God het bepaal dat mense gered sal word deur die verkondiging van die evangelie. 1Kor 1:21 “Want aangesien

in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die

dwaasheid van die prediking die wat glo, te red.” Rom 10:14 “Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie

geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een

wat preek?”

Die gee van ons tiendes is GOD se manier om die kerk en prediking te ondersteun. In die O.T. was die Leviete

God se bedienaars en hulle was versorg deur die tiendes. In die N.T. roep God predikers om die evangelie te

verkondig en hulle word deur die tiendes versorg. Hoe hartseer is dat geroepe manne van God deeltyds moet

werk om sy roeping uit te lewe terwyl die mense wat deur die prediking gered word wyer om die prediker te

onderhou! Behoort die bedienaars van die Woord nie beskikbaar te wees om die gemeente effektief te bedien

nie?

Dit is nie verkeerd vir iemand om hard te werk, maar God het dit BEPAAL dat die prediker moet lewe deur die

evangelie. Lees gerus 1Kor 9:9-14 “Want in die wet van Moses is geskrywe: 'n Os wat graan dors, mag jy nie

muilband nie. Is dit miskien oor die osse dat God Hom bekommer? (10) Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil?

Ja, want om ons ontwil is dit geskrywe, omdat hy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om

wat hy hoop, deelagtig te word. (11) As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit 'n groot saak as ons julle

stoflike goed maai? (12) As ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie? Ons het

ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra alles om geen hindernis vir die evangelie van

Christus te veroorsaak nie. (13) Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie;

en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie? (14) So het die Here ook vir die wat die evangelie

verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.” Die beginsel is eenvoudig: Dit is ons voorreg en eer om

ons prediker goed te versorg terwyl Hy God se roeping vervul. My tiende kan die bediening van die prediker

bevorder.

8. Om nie vervloek te wees nie.

Mal 3:9 “Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!”

Iemand het gesê: "You can't outgive God, and you can't outsqueeze Him either." Party mense sit hulle geld in ‘n

beurs vol gate. Hag 1:6 “ julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geëet, maar nie tot versadiging nie;

julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie hom vir loon

verhuur, verhuur hom om dit in 'n stukkende beurs te steek.”

Hulle gee nie hulle tiende nie, maar spandeer hulle geld op herstelwerk en mediese rekeninge en op ‘n duisend

ander dinge wat verhoed kon word as hulle GETROU was in hulle tiende aan die Here. God verwag dat ek my

tiende sal gee, ek wil nie vervloek wees, terwyl God my in werklikheid wou seën nie. Dit is nie wat ek gee wat so

baie tel nie, maar my gehoorsaamheid tel baie. Ek wil hê dat die Here my moet bly seën, daarom gee ek my

tiende.

42

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!