02.05.2013 Views

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Daar moet ernstig gebid word en wanneer die Heilige Gees die mens oortuig van dinge wat afgesny moet word

moet ons gewilliglik bereid wees om afstand te doen.

Stap 5 – Skeur nou ’n sowat 3cm strook af van die kort kant van die papier en sit die afgeskeurde

gedeelte op ’n tafel. Dit is belangrik dat die strook mooi en eweredig afgeskeur moet word.

Om van verkeerde dinge ontslae te raak sal jou nie red nie maar dit sal jou skoonmaak sodat God ook die hart

van die mens kan red. Ons gewilligheid om die verkeerde dinge te laat staan is ’n stap in die regte rigting.

Maar ons moet nie net die oppervlakkige dinge van ontslae raak nie. Ons moet baie ernstig

bid en die Here vra om ons van al ons verkeerde dinge (sondes) te verlos en te red.

Mat 7:7-8 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal

oopgemaak word. (8) Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat

klop, sal oopgemaak word.

(Sit die papier weet tussen jou biddende hande en demonstreer hoe die Here van ons verwag

om ander te vergewe ens.)

Stap 6- Vat nou die papier en skeur weer ’n sowat 3cm strook van die kort kant van die papier en plaas dit

saam met die ander afgeskeurde stukkies op ’n tafel.

Verduidelik verder: God wil aan ons almal skaaf totdat net die belangrikste deel oorbly. Dit is God

wat ons gemaak het en Hy wil nie hê ons lewe moet gevul wees met ander goed nie. Hy begeer

om met ons ’n lewende verhouding te hê met elkeen.

’n Mens word nie gered deur sy eie werke nie, maar alleenlik wanneer die mens GLO in die

voltooide werk wat Jesus aan die kruis vir die mensdom behaal het. Ons moet aanvaar dat God

se genade die enigste basis is van ware redding.

Effe 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die

gawe van God; (9) nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. (10) Want ons is sy

maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan

wandel.

Stap 7 – Vou nou die papier oop wat in jou hand is.

Verduidelik verder: Hand 4:12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam

onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Hand 2:21 En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Daar is twee maniere waarop die mens kan reageer op die boodskap van Jesus.

Hy kan Jesus aanneem en in Hom glo of die mens kan Jesus se liefde verwerp.

Paulus het dit aan die mense van sy tyd so gestel: Hand 22:16 En nou, waarom

versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van

die Here aanroep.

Die keuse is duidelik en eenvoudig, maar dit gaan jou hele lewe kos. Of die mens

kies Jesus tot die ewige lewe of die mens kies teen Jesus tot die ewige hel.

38

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!