02.05.2013 Views

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoe lank en watter tipe?

Ek bewonder jou huidige geïnteresseerdheid as jy nog nooit voorheen gevas het nie. Vas het ‘n groot nadruk in

die lewens van baie van die groot geestelike leiers deur al die eeue heen. John Wesley, die stigter van die

Metodiste denominasie, het elke Woensdag en Vrydag gevas en van al sy geestelike werkers vereis om ook so

te doen. Effektiewe dienaars van God vanaf die Apostel Paulus tot Martin Luther tot Johannes Calvyn het dit ‘n

voortdurende deel van hul wandel met God gemaak.

Nie een van hierdie mense het ‘n “formule vas” gehad wat net slegs die “regte” weg was nie. Vas is omtrent die

toestand van die hart, nie die aantal dae nie. Elke keer wat ek gevas het vir veertig dae, was dit omdat ek gelei

gevoel was deur God om so te doen.

Begin dus stadig. Vas vir een maaltyd ‘n dag, of eendag ‘n week, of een week ‘n maand. Bou jou geestelike

spiere op vir ‘n aantal maande sodat jy voorbereid kan wees om te vas in ‘n periode van ‘n uitgebreide 40 dae

tydperk.

Die Bybel vertel primêr van twee tipes van vas. Die gedeeltelike vas is beskryf in die boek van Daniël. Alhoewel

die watervas blyk die profeet se gewoonte te kon wees, was daar ‘n drie week periode waarin hy hom slegs

onthou het van lekkernye, vleis en wyn (Daniel 10:3 “Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in

my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was.”)

Die ander twee tipes in die Bybel genoem is die “volstrekte” en “bonatuurlike totale” vastings. Hierdie is totale

vastings – geen voedsel (vaste- of vloeistof) en geen water. Paulus het op ‘n volstrekte vas vir drie dae gegaan

as gevolg van sy stryd met Jesus op die pad na Damaskus (Hand. 9:9 “En drie dae lank het hy niks gesien nie,

en niks geëet of gedrink nie.) Moses en Elia was verbind in, wat beskou kan word, ‘n bonatuurlike totale vasting

vir veertig dae (Deut. 9:9 “Toe ek op die berg geklim het om die kliptafels te ontvang, die tafels van die verbond

wat die Here met julle gesluit het, het ek veertig dae en veertig nagte lank op die berg gebly – brood het ek nie

geëet en water nie gedrink nie –“ 1 Kon. 19:8 “Hy het toe opgestaan en geëet en gedrink en deur die krag van

die voedsel veertig dae en veertig nagte lank geloop tot by die berg van God, Horeb.”)

Ek raai dus aan dat jy baie vloeistof moet drink. Vanselfsprekend, as God jou lei om ‘n volstrekte vas te

onderneem, moet jy gehoorsaam wees. Indien so, wees sonder twyfel seker dat God jou lei.

Vastings, met slegs water, wat aanhou vir meer as ‘n paar dae moet onderneem word met genoegsame rus en

onder mediese toesig vanweë die uitermatige gevaar van oor-toksifikasie, die afbreek van lewensbelangrike

liggaamweefsels en die verlies aan elektrolides.

Ek beveel aan, uit persoonlike ondervinding, die water en vrugtesap vasting, veral as jy vir ‘n lang periode gaan

vas. Hierdie tipe van vas sal jou voorsien van meer energie as volstrekte of slegs water vastings en jou steeds lei

in die verootmoedigende ondervinding van die terughou van jou begeertes vir vaste voedsel wat jy kan kou.

Wanneer dit kom by jou finale besluit omtrent watter tipe vas vir jou reg is, is die beste advies wat ek jou kan gee

die leiding van die Heilige Gees. Hy sal jou hart en gedagtes rig van wat die beste vir jou is. Onthou, die mees

belangrike betekenis om te vas is jou motief. Hoekom vas jy? Om iets persoonliks te soek uit God’s hand of om

Sy aangesig te soek in aanbidding, lofprysing of danksegging?

Hoe om voor te berei

Geestelike en liggaamlike voorbereiding is lewensbelangrik in die handhawing van vas, maak nie saak vir hoe

lank nie.

Geestelike voorbereiding

In voorbereiding vir hierdie spesiale tyd met God, lê ek sterk nadruk daarop om jou hart te ondersoek, om enige

onbelyde sondes te ontdek. Skriftuurlike bewyse is dat God altyd Sy mense benodig om berou te hê oor hul

sondes voordat Hy hul gebede verhoor. Koning Dawid het gesê: “Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat

22

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!