02.05.2013 Views

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Matt 21:12-16

12 EN Jesus het in die tempel van God ingegaan en almal wat in die tempel verkoop en koop, uitgejaag en die

tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi.

13 En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis moet ’n huis van gebed genoem word. Maar julle het dit ’n

rowerspelonk gemaak.

14 En daar het blindes en kreupeles na Hom gekom in die tempel, en Hy het hulle gesond gemaak.

15 En toe die owerpriesters en skrifgeleerdes die wonderwerke sien wat Hy gedoen het, en die kinders wat in

die tempel uitroep en sê: Hosanna vir die Seun van Dawid! was hulle verontwaardig

16 en sê vir Hom: Hoor U wat hulle daar sê? En Jesus antwoord hulle: Ja, het julle nooit gelees: Uit die mond van

kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie?

1. Die tempel moet gereinig word. Waar God aanbid word moet dit ‘n huis van reinheid wees.

2. God wil hê dat sy tempel ‘n huis van gebed moet wees.

3. Dan sal daar wonders plaasvind en jou lewe sal geken word as ‘n huis van krag.

4. Die gevolg sal wees dat jou lewe ander mense se lewens sal aangryp en hulle sal God aanroep. Die

uiteinde sal wees dat jou huis ‘n huis van volmaakte lofprysing is.

Wat is gebed?

Die Onse Vader

Matt 6:9-13

9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;

10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

11 gee ons vandag ons daaglikse brood;

12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose Want aan U behoort die koninkryk en die krag

en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Gebed is tyd wat met God gespandeer word:

a) Om met God te praat.

Luk 6:12 EN Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring.

b) Om van God te vra.

Matt 21:22 En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.

c) Gebed is werk.

Kol 4:12 Épafras wat een van julle is, ’n dienskneg van Christus, groet julle en stry altyd vir julle in die gebede,

dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God.

d) Gebed is hulpverlening.

2 Kor 1:11 terwyl julle ook vir ons saamwerk deur die gebed, sodat daar vir die genadegawe aan ons deur baie

persone op baie maniere vir ons gedank mag word.

e) Gebed is ‘n geveg.

1 Pet 5:6-9

6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.

7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.

8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy

kan verslind.

9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle

broederskap wat in die wêreld is.

f) Gebed is lofprysing.

1 Tim 2:1 IN die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet

word vir alle mense;

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!