02.05.2013 Views

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoe om te onderskei waarvoor om te bid?

Fil.4:6-9 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met

danksegging bekend word by God. (7) En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte

en julle sinne bewaar in Christus Jesus. (8) Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat

regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees,

bedink dit. (9) En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal

met julle wees.

Die bostaande driehoek kan gebruik word om te onderskei waarvoor om te bid en ook op watter area bediening

nodig is om die balans in die hart van mense te herstel. Wysheid moet gebruik word om te weet wanneer daar

onderrig, vermaan of bestraf moet word. Onthou dat God ons in en deur liefde geroep het en dat ons ALTYD die

mooi van God in ander moet soek en daardie mooi moet ontwikkel. Ons fokus nie op die negatiewe nie, maar

bou die positiewe. So wanneer ons met iemand se hart deel moet ons versigtig wees om in liefde op te tree.

Die driehoek werk so: As een van die areas ontbreek of swak is ontstaan daar negatiewe van die ander areas in

die hart van die persoon. Byvoorbeeld. ’n Ouer kan ’n kind lief hê, maar omdat die kind nie die ouer respekteer

nie ontstaan daar ’n verkeerde verhouding. Albei ervaar dan gebroke liefde. Daar kan byvoorbeeld baie streng

reëls in ’n verhouding bestaan, maar omdat daar nie liefde en gesonde verhouding is nie word die reëls nie

nagevolg nie.

Wanneer daar vir iemand of ’n groep gebid word, moet daar gekyk word na die regte en gesonde balans tussen

die drie areas van die driehoek en dan kan daar reg gebid word.

Jak 4:1-17 Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat

in julle lede stryd voer nie? (2) Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks

verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. (3) Julle bid en julle ontvang nie,

omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. (4) Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie

dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n

vyand van God. (5) Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?

(6) Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee

Hy genade. (7) Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. (8) Nader tot

God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! (9)

Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. (10)

Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog. (11) Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié

wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy

die wet oordeel, is jy nie ‘n dader van die wet nie, maar ‘n regter. (12) Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om

te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat ‘n ander oordeel? (13) Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons

na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak— (14) julle wat nie eens

weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie verskyn

en daarna verdwyn. (15) In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen. (16)

Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd. (17) Wie dan weet om goed te doen en dit nie

doen nie, vir hom is dit sonde.

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!