02.05.2013 Views

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoekom gee ek my tiende

‘n Pastoor wat nuut was in die dorp het een van sy lidmate besoek. Toe hy die deur oop maak word hy met

hierdie woorde begroet: “O, jy is mos een van daardie Pastore wat almal dwing om tien persent van hulle hard

verdiende geld aan die Kerk te gee!”

Die prediker het gereageer deur te sê: “Nee, jy praat nie nou van my nie; daar is geen manier waarop ek mense

kan dwing om hulle tiende aan die Here te gee nie. Ek het nie die reg of gesag om so iets te vra nie. Die mense

wat tien persent van hulle inkomste gee, doen dit omdat hulle harte aan God uitverkoop is en omdat hulle uit

liefde die werk van die Here wil ondersteun.”

Waarom gee mense dan hulle tiendes en offergawes vir die Kerk? Daar is baie redes. Ek toets my eie motiewe

en ek het tien redes gevind waarom ek self ‘n tiende van my inkomste aan die Kerk gee. As ons bereid is om ons

harte oop te maak en die redes biddend oorweeg, sal ons die GROOT seëninge van tiendes ontdek en vind dat

God ons ryklik sal seën.

1. Om eer te bring aan ons Skepper en Here.

Mat 22:21 Hulle antwoord Hom: Die keiser s'n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser

toekom, en aan God wat God toekom.

Besitlikheid is een van die basiese eienskappe van die ongeredde en natuurlike mens. Ons wil tog so graag sê:

“Myne” Iemand het eens gesê dat daar drie gesindhede navore kom in die gelykenis van die barmhartige

Samaritaan. Die Priester het gesê: “Wat myne is, is myne en ek gaan dit hou.” Die skelm of rowers het gesê: “

Wat joune is, is myne en ek gaan dit vat.” Die barmhartige Samaritaan het gesê: “Wat myne is, is joune en jy kan

dit kry.” Daar is nog een gedagte wat selfs hoër is as die van die Samaritaan en dit is “Alles wat ons besit

behoort aan God, ons is bloot rentmeester / hanteerders van Sy eiendom!”

God besit die aarde en ALLES daarin. Psalm 24:1 “ 'n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die

volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon.” Eseg 18:4a “Kyk, al die siele is myne . . .” Hag 2:8 “Aan

My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die HERE van die leërskare.” Dit is God wat mense die krag

gee om rykdom te verwerwe. Pred 5:19 “ Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy

in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit 'n gawe van

God.” Ons roem nie in wat God vir ons gegee het nie maar in Hom wie ALLES vir ons gegee het. Jer 9:23-24

“So sê die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy

sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie; (24) maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem

dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen;

want in dié dinge het Ek 'n behae, spreek die HERE.”

Waarom moet ek dat tien persent van my inkomste aan God gee as ALLES aan Hom behoort? As dit nie vir

Hom was nie sou daar geen land, geen saad, geen krag, geen inkomste en geen LEWE gewees het nie. Hoe

genadig is Hy deur te sê: Lev 27:30 Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte

van die bome, behoort aan die HERE; dit is heilig aan die HERE.

2. Om my erfenis te bevestig.

Gal 3:29 “En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte

erfgename.”

Abraham was die eerste tiende betaler op rekord (Gen.14:20). Abraham se kleinkind Jakob het tiendes gegee

(Gen.28:22). Die Bybel leer ons dat Levi, Abraham se afstammeling en vader van die priesterskap tiendes deur

40

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!