02.05.2013 Views

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1Tim 2:1-4 In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge,

gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle

mense; (2) vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons

'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.

(3) Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,

(4) wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die

waarheid kom.

2 Kronieke 16:9 want die HERE—sy oë deurloop die hele

aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op

Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal

daar oorloë teen u wees.

Jes 62:6-7 o Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat

gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o

Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes—moenie rus nie

(7) en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig

en maak tot ‘n lof op aarde!

Mat 25:13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet

waarop die Seun van die mens kom nie.

Luk 21:36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag

mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die

Seun van die mens te staan.

Luk 18:1-8 En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die

oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos

word nie, (2) en gesê: Daar was ‘n regter in ‘n stad wat God

nie gevrees en geen mens ontsien het nie. (3) En daar was in

daardie stad ‘n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en

gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty. (4) En ‘n tyd lank

wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek

God ook nie en al ontsien ek geen mens nie, (5) tog sal ek,

omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen,

sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie. (6) Toe

sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê. (7) Sal God

dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom

roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? (8) Ek sê vir

julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van

die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?

Efe 6:18 terwyl julle met alle gebed en smeking by elke

geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle

volharding en smeking vir al die heiliges

Efe 6:11-13 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat

julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. (12) Want

ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die

owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die

duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. (13)

Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle

weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles

volbring het, staande kan bly.

1Kor 3:11-16 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat

daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. (12) En as iemand op

dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi,

stoppels— (13) elkeen se werk sal aan die lig kom, want die

dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak

word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig

dit is. (14) As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou

het, sal hy loon ontvang; (15) as iemand se werk verbrand

word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar

soos deur vuur heen. (16) Weet julle nie dat julle ‘n tempel van

God is en die Gees van God in julle woon nie?

Ese. 22:30 En Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur

kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land,

sodat Ek dit nie sou verwoes nie; maar Ek het niemand gevind

nie.

1Thess 5:17 Bid sonder ophou.

Rom 12:12 verbly julle in die hoop; wees geduldig in die

verdrukking; volhard in die gebed.

Kol 4:2 Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging;

Kol 1:9 Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons

dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag

word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike

insig,

Fil 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in

alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by

God.

Kol 3:17 En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen

alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader

deur Hom.

Rom 8:5-9 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge,

maar die wat geestelik is, geestelike dinge. (6) Want wat die

vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en

vrede, (7) omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is;

want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit

kan ook nie. (8) En die wat in die vlees is, kan God nie behaag

nie; (9) julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as

naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die

Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.

Mat 26:41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die

gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

Luk 11:13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan

julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die

Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Rom 8:15 Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om

weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van

aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

2Kor 10:3-5 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die

stryd nie volgens die vlees nie; (4) want die wapens van ons

stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings

neer te werp, (5) terwyl ons planne verbreek en elke skans

wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte

gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

18

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!