02.05.2013 Views

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

Kursus - orgvp.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Jes 53:5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons

ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom,

en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Sukses Jy is vry van die vloek van die sonde.

Rom 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak

van die wet van die sonde en die dood.

Sekuriteit Jy kan verseker weet dat jy hemel toe gaan en die vrees vir die hel en die dood is

verslaan.

Hierdie voorregte is joune deur die geloof wat jy in God plaas.

Om die Vader te heilig moet ons Hom ken en in die O.T. leer ons agt Hebreeuse hoofname, wat die karakter van

die Vader beskryf.

JEHOVA TSIDKENU –Die Here ons geregtigheid.

2 Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word

geregtigheid van God in Hom.

JEHOVA MKADDESH – Die Here ons reiniging.

1 Kor 6:11 En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is

geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.

JEHOVA SHALOM –Die Here ons vrede.

Kol 1:20-22

20 en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis -

ek sê deur Hom - die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.

21 Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen

22 in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;

Jy lewe in ‘n gebroke wêreld, dit is deurmekaar, vol sonde en depressie. Die verhouding tussen God en die

mens, wat deur sonde onderbreek is, is deur die bloed van Jesus herstel.

JEHOVA SHAMMA –Die Here is altyd daar.

1 Kor 3:16 Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

Matt 28:20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

God sal jou vandag nie verlaat nie. Hy wil binne Sy wil beweeg.

JEHOVA ROPHE –Die Here ons geneesheer.

1 Pet 2:24 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir

die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

Rophe beteken herstel, gesondmaak of genees. Nie net genees Hy jou liggaam nie, maar ook jou gees en

emosies. Volgens die skrifgedeelte is genesing alreeds vir jou gegee. Loof God vir jou genesing!

JEHOVA JIREH –Die Here ons voorsiener.

Rom 8:32 Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie

saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?

God het Abraham in alles geseën. Gen 24:1 EN Abraham was oud en ver op sy dae, en die HERE het

Abraham in alles geseën.

Ons is die nageslag van Abraham.

Jesus het die vloek van ons weggeneem. Rom 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus

Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

God wil hê dat jy moet sien dat Hy tot groot dinge in staat is.

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!