02.05.2013 Views

Julie - University of the Free State

Julie - University of the Free State

Julie - University of the Free State

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

‘US versaak sy taak’

Prof. Leopold Scholtz, Buitengewone professor in die Departement Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch en Adjunkredakteur

van Die Burger, het die D.F. Malherbe-gedenklesing vanjaar gelewer. Hier is, van links: proff. Magda Fourie

(Viserektor: Akademiese Beplanning), Gerhardt de Klerk (Dekaan: Fakulteit Geesteswetenskappe), Scholtz en Hennie van

Coller (Hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die UV).

’n mens ook al daarna wil kyk, deel

van die ekonomiese konteks waarin

“Hoe

universiteite staan, is armoede en deel

van die maatskaplik-kulturele konteks is taal. ’n

Universiteit kan nie in ’n akademiese ivoortoring

funksioneer nie; hy staan uiteindelik in diens van ’n

gemeenskap.”

So het prof. Leopold Scholtz, buitengewone professor,

Departement Geskiedenis, Universiteit Stellenbosch,

in die D.F. Malherbe-gedenklesing in Bloemfontein

gesê. Sy onderwerp was: Die debat oor die posisie

van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch: ’n ontleding.

“ ’n Universiteit kan armoede en taal eenvoudig nie

ignoreer nie. Deur die regte taalbeleid – en laat ’n mens

presies wees, dit gaan om moedertaalonderrig – te volg,

word nie alleen ook op voorgraadse vlak vir die beste

akademiese prestasies gesorg nie, maar help dit die

agtergeblewe Afrikaanse gemeenskap bemagtig om op

die duur uit die uitsiglose kringloop van armoede, onwetendheid,

gebroke maatskaplike strukture en misdaad te

ontsnap. Enige universiteit, en dit geld beslis ook vir die

Universiteit Stellenbosch, wat dié verantwoordelikheid

op grond van neo-liberale ideologiese oorwegings ontduik,

is ontrou aan sy aard,” het hy gesê.

Blink uit in krygkuns

Me. Liza Coetzee, ’n Ph.D.-student aan die De partement

Fisika van die UV, het op die Suid-Afrikaanse

Krygkunskampioenskappe in Nelspruit vier goue trofeë

en een silwer trofee verower. Sy is ook aangewys as

die beste senior damestudent by die byeenkoms. Me.

Coetzee is die afrigter van die White Tigers Combat

Tang Soo Do-klub in Bloemfontein. Die span het 36

trofeë op die nasionale kampioenskappe verower. Agt

van haar studente is gekies vir die Nasionale en

Pre sidents ontwikkelingspanne wat Suid-Afrika se titel

as huidige wêreldkampioen later vanjaar in Nederland

gaan verdedig. Hier is me. Coetzee saam met Grand

Master Jeong Seong Kim van Suid-Korea.

Nuus

July 2007 • Bult

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!