02.05.2013 Views

Julie - University of the Free State

Julie - University of the Free State

Julie - University of the Free State

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Vishuis onthaal sy

oud(dames)studente

Van die vroue wat in die jare veertig in Vishuis gewoon het, is deur die

Vishuismanne onthaal. Hier is van links, voor: mevv. Maatje van

Jaarsveld (geb. Oberholzer), Elsie de Beer (geb.Van der Watt), Lenie

Herbst (geb. Malherbe), Rina Steyl (geb. Odendaal), Marie van der Walt

(geb. Troskie), Laetitia Hattingh (geb. Venter); agter: Marie Basson (geb.

Havenga), Martie Linström (geb. Kotze), Dora van Niekerk (geb. Van der

Merwe), Anna Bobbert (geb. Minnaar), Joey Naude (geb. Van Heerden),

Frances Cruywagen (geb. Nell), Andri van Zyl (geb. Jacobs).

As deel van die amptelike Eeufeesvieringe van

Huis Abraham Fischer het die Bestuur en

Eeufeeskomitee van Huis Abraham Fischer

vir die dames wat vanaf 1947 tot 1949 in die Vishuis

gewoon het, onthaal.

Die mansstudente in daardie jare het toe in die

Steyn-tehuis gebly met die dames in Vishuis. Allerlei

stories word van daardie dae vertel en ook so vervat

in Vishuis se Eeufeesboek wat vanaf Julie vanjaar beskikbaar

sal wees.

Die onthaal vir die vroue het op Donderdag 29

Maart 2007 voor die koshuis plaasgevind en was in

die formaat was ’n oggendtee met ligte verversings.

Van die gaste in ligte luim.

Die dames het lekker gesels en vele staaltjies vertel van

hul dae op die kampus.

Die groot eeufeesbestaansvieringe van Vishuis vind

van 8-12 Augustus 2007 op die kampus plaas. Vir enige

navrae en of besprekings (die oud-dames is ook

welkom) kontak Vishuis se administratiewe kantoor by

051 401 3470 of epos admin@vishuis.co.za. Verdere

inligting is op die webblad www.vishuis.co.za beskikbaar.

Alumni

July 2007 • Bult

37

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!