02.05.2013 Views

Julie - University of the Free State

Julie - University of the Free State

Julie - University of the Free State

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bult • Julie 2007

36

Alumni

Bethlehem-span

gaan almal

’n ding wys

Van die mense wat die alumni reünie in Bethlehem bygewoon het.

Met die koel aandbries skraps op die horison en in stroopseisoen

vir menige boer in die omgewing is tyd twyfeloos

ingeruim vir herlewing. Op Woensdag 25 April is die

voedings aar van Kovsiesland weer herstig. Met Alaë Gräbe as anker,

het alumni strategies en doelgerig aktiwiteite beplan, humoristies

terug verlang na hul sorgvrye studentejare en jonger alumni (wat die

“oues van dae” laat skaterlag het) is vermaak met “kattekwaad”staaltjies

uit toeka se dae.

Hierdie kuier kan sonder twyfel be stem pel word as een van die

mees suksesvolste alumnikuiers in jare. Alhoewel alle be stand dele,

wat ‘n lekker kuier verseker, hier saamgevoeg was, het alumni gefokus

op toe koms tige groei en proaktiwiteit. Ver teen woordigers,

wat die taak opgelê is om die alumni-data basis te behartig en as

skakel persone op te tree is in Kestell, Clarens, Paul Roux, Reitz,

Warden, Tweeling en Arlington verkies. Aktiwiteitsbeplanning en

deur lopende groei is volgende op die agenda, met die oog op ‘n

formele takbestuurverkiesing tydens die volgende byeenkoms.

Kovsie-Alumni Trust

herdenk dekade

Kovsie-Alumni Trust herdenk ’n dekade van goeie lojaliteit

van al sy donateurs. ’n Groot gala-geleentheid word beplan

vir Saterdag 3 November 2007. Alle Kovsies wat op nasionale

sportvlak presteer het, word versoek om asseblief hul

kontakbesonderhede aan me. Elana Bester deur te gee. Sy

kan gekontak word by 051 401 9353 (08:00 – 14:00) of epos:

dlangel.rd@ufs.ac.za

Kameraadskap

seëvier op Ladysmith

Ladysmith se alumni vier saam fees.

Kameraadskap, toegewydheid en verantwoordelikheid is

enkele terme wat aan die ontstaan van Ladysmith

toegeskryf kan word. Hier het boere in die laat 1800’s

bande gesmee vir oorwinning en het “lojaliteit” sy ware

beketenis gevind – eienskappe wat tot vandag toe “Ladysmitters”

kenmerk. Alhoewel nie meer in die midde van oorlogvoering

nie het ’n eiesoortige oorwinning op Dinsdag 24

April geseëvier. Onder leiding van Lera Campher het ’n

groepie lojale oud-Kovsies by Egerton Manor saamgekom vir

’n herinneringsvolle alumnikuier wat weer in vele opsigte die

ware Kovsie-gees die lig laat sien het.

Staaltjies van studentwees, kampusontwikkeling en universiteitsbelange

is bespreek met die fokus op bydraes wat

deur alumni gelewer kan word. Adv. Mauritz Randlehoff,

ondervoorsitter van Kovsie Alumni, het spesifiek oor die belange

van alumni gesels en die “Kovsie-veggees” in ieder en

elke alumnus aangevuur. Kovsieland sal verseker moet voorberei

vir waardevolle bydraes wat nog uit hierdie geledere

gaan voortspruit.

Tak van jaar aangewys

In lyn met Kovsie Alumni se visie en missie is die Tak van

die Jaar-toekenning hierdie jaar weer hervat. Die Kovsie

Alumni Pretoria- en Mangaung-takke is op ’n gala-aand op

die UV-hoofkampus in Bloemfontein vereer vir hul besondere

bydrae en betrokkenheid by die universiteit gedurende

2006. Kovsie Alumni daag en nooi alle takke landwyd uit

om aan mede-alumni te wys waar die ware gees van Kovsies

verberg lê. Vir verdere inligting skakel vir Annanda Calitz

by 051 401 3382, of fi cka.stg@ufs.ac.za.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!