02.05.2013 Views

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Inleidende perspektiewe

1.1 Inleiding

1

Hoofstuk 1

1 Inklusiewe onderwys vanuit ’n

bestuursperspektief: Oriëntering

In Junie 1994 het afgevaardigdes van 92 lande in Salamanca, Spanje, byeengekom vir

die World Conference on Special Needs Education. Die kongres het onder andere ’n

sogenaamde Framework for Action aanvaar met die grondbeginsel dat algemene skole

alle kinders, ongeag hulle fisiese, intellektuele, sosiale, emosionele, linguistiese of ander

stand, behoort te akkommodeer. Tydens die kongres is ’n beroep op alle regerings

gedoen om ’n hoë beleids- en begrotingsprioriteit daara an te verleen sodat

onderwysdienste sodanig kan verbeter dat alle kinders, ongeag hoe hulle verskil of

watter struikelblokke hulle daarvan weerhou om te leer, ingesluit word (UNESCO 1994:

ix). Die term wat aan hierdie tipe onderwysstelsel toegeken is, is inklusiewe onderwys.

Met die aanvaarding van Die Grondwet (RSA 1996a) is die grondslag gelê vir ’n

demokratiese stelsel in Suid -Afrika, wat op vryheid, gelykheid en menswaardigheid

geskoei is. Die reg tot basiese onderwys is een van die regte wat in Artikel 29 van die

Handves van Menseregte vervat is (RSA 1996a: Hoofstuk 2). Voorts word die beginsel

van gelykheid en bepaalde optrede om gelykheid te bekom in Artikel 9 van dié wet

beskryf. Hierdie klousules is van besondere belang omdat dit alle leerders ongeag

struikelblokke of versperrings wat hul leer strem, beskerm (RSA 2001: 11).

Die versperrings waarna verwys word, is faktore wat persone verhinder om vordering te

maak. Sogenaamde barriers to learning is dus hindernisse of versperrings wat ’n

persoon weerhou of strem om te leer en verwys gevolglik na dít wat kinders verhinder

om hulle volle potensiaal te bereik. Verskillende leerders ervaar verskillende

leerversperrings, maar hierdie versperrings kan in twee kategorieë verdeel word , naamlik

versperrings binne die stelsel en versperrings binne die leerder self (RSA 2001: 7).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!