02.05.2013 Views

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: ’n Beleidsoorsig

Koste-effektiwiteit (RSA 2001: Executive Summary Art. 6).

Akkommodering van leerders binne die geografiese omgewing van die leerder se

huis (RSA 2001: Art. 3.4.2).

Uit bogenoemde blyk dit dat die onderlig gende doel van die beleid is om

onderwysdienste sodanig te verander dat alle kinders, ongeag hulle unieke

omstandighede, die geleentheid gebied moet word om hulle volle potensiaal te ontwikkel.

Hierdie ideaal kan nie in ’n kort tydjie verwesenlik word nie aangesien radikale

verandering tyd en groot pogings verg. Daarom word daar vir geleidelike implementering

beplan.

2.3.3.2 Tydraamwerk vir implementering

Die implementering van die beleid gaan oor ’n tydperk van 20 jaar ingefaseer word soos

vervolgens aangedui word:

Tussen 2001 en 2003 moes ’n nasionale bekendstellingsveldtog gehou word om

steun vir die beleid te verkry, en om die ongeveer 280 000 kinders met gestremdhede

wat uitgesluit is van onderwys by skole in te skryf. Dertig spesiale skole sou na

hulpbronsentrums omgeskakel word en dertig primêre skole in dieselfde skooldistrik

moes na voldiensskole omgeskakel word. Prosedures om leerprobleme vroegtydig

te identifiseer en leerversperrings te verminder, sou vir die fases van voorskools tot

Graad 3 ontwikke l word (RSA 2001: Art. 3.11.1; Naicker 2002: 92).

Gedurende 2004 tot 2008 moet verdere- en hoëronderwysinstellings die kapasiteit

ontwikkel om ’n verskeidenheid van leerders, en in die besonder leerders met

gestremdhede, te onderrig. Uitreikprogramme na teikengemeenskappe asook die

aantal hulpbronsentrums, voldiensskole en distriksondersteuningspanne moet

uitgebrei word (RSA 2001: Art. 3.11.1; Naicker 2002: 92).

In die tydperk van 2009 tot 2021 sal die fokus daarop wees om die dienste uit te brei

om uiteindelik die teiken van 380 hulpbronsentrums en 500 voldiensskole te bereik,

voldienskolleges te vestig, kwaliteit onderwys vir alle kinders te verseker en niemand

onderwys te ontsê nie (RSA 2001: Art. 3.11.1 ; Naicker 2002: 92).

Uiteraard het die beleid koste-implikasies en dié aspek is aangespreek soos vervolgens

uiteengesit.

31

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!