INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF
INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF
INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Hoofstuk 2: ’n Beleidsoorsig

2.2.4 Inklusiewe onderwys: Internasionale uitdagings

Samevattend kan aangedui word dat inklusiewe onderwys ’n konsep is wat wêreldwyd

momentum kry. In sekere lande, soos byvoorbeeld Engeland en China, het inklusiewe

onderwys ten spyte van uitdagings die nodige stukrag. In ander lande, soos byvoorbeeld

Indië en sekere Sub-Sahara Afrika-lande, moet steeds aanpassings gemaak word om

inklusiewe onderwys te bewerkstellig. Ongelukkig is daar steeds vele lande, soos

Brasilië, waar inklusiewe onderwys nog nie werklik gerealiseer het nie. Talle

internasionale organisasies is gewillig om die ideale van inklusiewe onderwys te steun.

Die Wêreldbank het byvoorbeeld geld bewillig vir ’n program ten bevordering van

inklusiewe onderwys in Brasilië. DevNews (2003: 2) wys daarop dat 400 miljoen van die

wêreld se 600 miljoen gestremde persone uit ontwikkelende lande kom. Die suksesvolle

implementering van ’n inklusiewe-onderwysstelsel is veral van belang in ontwikkelende

lande om gestremde kinders ’n geleentheid te gee om volwaardige en produktiewe

landsburgers te word.

Volgens die Wêreldbank gaan slegs 2% van alle gestremde kinders oor die wêreld heen

tans skool (DevNews 2003: 2). Boonop word leerders wêreldwyd as gevolg van hulle

ras, kultuur, status en maatskaplike omstandighede uitgesluit of gemarginaliseer. Indien

die ideale wat verwoord is in die Salamanca -verklaring bereik wil word, sal regerings

hulle eie onderwysstelsels krities moet evalueer en die nodige paradigmaverskuiwings

moet maak soos in die Suid-Afrikaanse voorbeeld wat vervolgens bespreek word.

2.3 Inklusiewe onderwys: ’n Suid-Afrikaanse perspektief

2.3.1 Historiese agtergrond: Suid Afrika

In Suid-Afrika is spesiale onderwys ’n sektor waar die invloed van apartheid nog baie

duidelik sigbaar is. Skeiding van leerders op grond van ras is verder uitgebrei om

leerders op grond van ’n gestremdheid ook te skei. Spesiale skole is in die vorige

bedeling georganiseerd volgens twee onderskeidings, naamlik ras en die tipe

gestremdheid. Spesiale skole vir blankes is uitstekend toegerus, terwyl dié vir ander

bevolkingsgroepe swak toegerus was (RSA 2001: Art. 1).

Leerders met gestremdhede het moeilik toegang tot onderwys verkry. Relatief min

spesiale skole het bestaan en ’n leerder moes streng binne ’n sekere kategorie val om

23