02.05.2013 Views

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: ’n Beleidsoorsig

geslaag om die diverse behoeftes van die leerder populasie aan te spreek nie en dit

het daartoe gelei dat ’n enorme aantal leerders uitsak en die skool voortydig verlaat,

druip of uitgeskuif word.

Terwyl daar wél tot ’n mate tydens die formele skool aandag geskenk is aan spesiale

behoeftes en steun is dit in ander vlakke van onderwys ernstig afgeskeep.

Die National Commission on Special Needs in Education and Training en die National

Committee on Education Support Services het in hulle verslag aan die Minister van

Onderwys die volgende aanbevelings gemaak:

Die onderwys- en opleidingstelsel moet onderwys vir almal bevorder (RSA 2001:

Executive Summary Art. 5; Inglis 2001: 2).

Die ontwikkeling van inklusiewe en ondersteunende sentrums vir leer moet bevorder

word (RSA 2001: Executive Summary Art. 5; Inglis 2001: 2).

Die stelsel en sentrums moet alle leerders in staat stel om aktief deel te neem aan

die opvoedingsproses sodat hulle hul potensiaal kan ontwikkel en uitbrei, en as

gelykwaardige lede ’n rol in die gemeenskap kan vervul (RSA 2001 : Executive

Summary Art. 5; Inglis 2001: 2).

Die aanbevelings is deur die wetgewer aanvaar en het gelei tot die publisering van die

inklusiewe-onderwysbeleid wat hierna bespreek word.

2.3.3 Beleidsbepaling in Suid-Afrika: Education White Paper 6:

Special Needs Education. Building an inclusive

education and training system

Na aanleiding van die verslag van die National Commission on Special Needs in

Education and Training en die National Committee on Education Support Services en die

openbare kommentaar wat op die verslag gelewer is, is Onderwyswitskrif 6 in Julie 2001

is gepubliseer. Die inklusiewe-onderwysbeleid, soos dit in Suid-Afrika deur die bepaalde

Witskrif omskryf is, kan as rigtinggewend ten opsigte van hierdie benadering beskou

word en word vervolgens bespreek en ontleed.

2.3.3.1 Doel en beginsels

Die implementering van die beleid het ten doel:

29

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!