02.05.2013 Views

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: ’n Beleidsoorsig

Al bogenoemde dui daarop dat die skoolopset in Suid-Afrika aan nie vir die diverse

leerbehoeftes van alle leerders voorsiening gemaak het nie en dat die tyd vir verandering

ryp is.

In Oktober 1995 het die South African Federal Council on Disability (SAFCD) die

ontwikkeling van ’n inklusiewe-onderwysstelsel vir Suid-Afrika bepleit. Die versoek was

dat so ’n stelsel aan die diverse behoeftes van leerders moes voldoen en leerders se

verskillende leerstyle en leertempo moes akkommodeer. Daar moet ook voorsien word

in verskillende taalbehoeftes van leerders, wat gebaretaal kan insluit (Naicker 1996: 2).

Na 1994 het verskeie beleidsveranderinge in Suid-Afrika plaasgevind wat groot

omwentelings in onderwys tot gevolg gehad het.

2.3.2 Beleidsveranderinge in Suid-Afrika

Na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 het ingrypende veranderings in Suid-

Afrika plaasgevind. Beleidsvorming wat onderwyshervorming laat realiseer het, en wat

van belang vir die studie is, word hier bespeek.

2.3.2.1 Grondwet

In 1996 is die Grondwet (RSA 1996a) aanvaar wat op vryheid, gelykheid en

menswaardigheid gegrond is (RSA 1996a : Art. 7(1)). Die Grondwet is fundamenteel van

aard en alle wette, beleide en optrede moet versoenbaar wees met regte soos vervat in

die dokument (RSA 1996a: Art. 8(1)).

Die volgende regte, soos beskryf in die Grondwet, is van belang vir die studie:

Artikel 9 (RSA 1996a) verklaar dat alle persone gelyk is voor die reg en lys ’n aantal

faktore, waaronder ras, gestremdheid en taal, op grond waarvan daar nie onbillik

teen ’n persoon gediskrimineer mag word nie.

Artikel 10 (RSA 1996a) beskryf die reg tot waardig heid en respek.

Artikel 14 (RSA 1996a) beskryf die reg tot privaatheid, en spesifiek vertroulikheid van

inligting.

Artikel 18 (RSA 1996a) beskryf die reg tot vryheid van assosiasie.

Artikel 28(1) (RSA 1996a ) beskryf ’n verskeidenheid van regte wat spesifie k op

kinders gemik is, en verklaar onder andere dat elke kind die reg het tot:

Ouer- of gesinsorg, of ’n gepaste alternatief (RSA 1996a: 28(1)(b)).

25

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!