02.05.2013 Views

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Inleidende perspektiewe

maar soos beskou vanuit ’n onderwysbestuursperspektief (Van der Westhuizen

1996: 55).

Die ondersoek strek oor kultuurgrense heen en daarom word respondente uit

verskillende ras-, taal- en kultuurgroepe by die ondersoek betrek. Die ondersoek is in

twee provinsies onderneem, naamlik die Vrystaatprovinsie en die Noordwesprovinsie.

Die Vrystaatprovinsie is in 5 distrikte verdeel. Die ondersoek in dié provinsie is weens

praktiese toeganklikheidsredes by tien primêre skole in een van hierdie distrikte, naamlik

die Motheo−distrik onderneem. Die Noordwesprovinsie is in 5 streke verdeel. Die

ondersoek in dié provinsie is by sewe primêre skole in een van die streke, naamlik die

Bojanala−Wes−streek onderneem omdat die skole deel was van ’n loodsprojek vir

inklusiewe onderwys.

1.6 Konsepverheldering

Ten einde duidelikheid rakende sekere konsepte en terme te verkry, word die volgende

uitgelig:

1.6.1 Inklusiewe onderwys: Begripsomskrywings

Inklusiewe onderwys en opleiding word onder andere beskryf as (RSA 2001: Art. 1.4.1;

Naicker 2002: 92):

Die erkenning dat alle kinders en jeugdiges kan leer en dat alle kinders en jeugdiges

steun nodig het.

Die erkenning dat elke leerder uniek is en verskillende leerbehoeftes het, en die

respektering en waardering van die uniekheid en verskille in leerders as deel van die

menslike aard.

Die verandering van die onderwysstrukture, -stelsels en -metodieke om aan die

behoeftes van die leerders te voldoen.

Die erkenning en respektering van verskille in leerders, ongeag die ouderdom,

geslag, etnisiteit, taal, klas, gestremdheid of MIV -status.

Die erkenning dat leer tuis sowel as in die gemeenskap, in formele en informele

omgewings en strukture plaasvind. Inklusiewe onderwys strek dus wyer as die

formele skool.

Die verandering in houdings, gedrag, onderwysmetodes, kurrikulums en die

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!