02.05.2013 Views

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Inleidende perspektiewe

1.2 Probleemstelling

Uit bostaande is duidelik dat die sukses van die implementering van ‘n nuwe beleid soos

die beleid op inklusiewe onderwys by ’n skool tot ’n groot mate van die skoolbestuur se

vermoë om die implementering te bestuur, afhang. Die dilemma waarmee die

skoolbestuurders egter te kampe het, is dat hulle tot op hede in ’n eksklusiewe

onderwysstelsel gefunksioneer het en weinig of geen kennis van inklusiewe onderwys

het nie en dus waarskynlik nie voldoende toegerus is om die beleid van inklusiewe

onderwys te implementeer nie.

Na aanleiding van die voorafgaande probleem, kom die volgende probleemvrae na vore:

1. Wat is inklusiewe onderwys en wat is die huidige internasionale en nasionale

beleid rakende inklusiewe onderwys?

2. Watter tekortkominge gaan skoolbestuurders moontlik tydens die implementering

van die beleid in Suid-Afrika ervaar, en hoe kan die leemtes aangespreek word?

3. Wat is die realiteite rakende die bestuur van inklusiewe onderwys binne die Suid-

Afrikaanse opset?

4. Watter implikasies hou die implementering van die beleid spesifiek vir Suid-

Afrikaanse skoolbestuurders in?

1.3 Doel van die navorsing

Die doel van die navorsing is om die bestuursrol van die skoolbestuurder in die

implementering van die beleid van inklusiewe onderwys te omskryf. Om hierdie doel te

bereik, gaan die volgende doelwitte nagestreef word:

1. Om die konsep van inklusiewe onderwys te omskryf en om die huidige

internasionale en nasionale beleid rakende inklusiewe onderwys uit te lig.

2. Om moontlike tekortkominge wat skoolbestuurders met die implementering van

die beleid van inklusiewe onderwys in Suid-Afrika kan ervaar, te identifiseer en

aan te dui hoe skoolbestuurders bemagtig kan word om die probleme op te los.

3. Om die realiteite rakende die bestuur van inklusiewe skole in die Suid-Afrikaanse

opset te omskryf.

4. Om die implikasies wat die implementering van die inklusiewe -onderwysbeleid

spesifiek vir Suid-Afrikaanse skoolbestuurders inhou, te omskryf.

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!