02.05.2013 Views

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: ’n Beleidsoorsig

Die oorkoepelende doel van onderwysbeleid moet wees om alle individue in staat te

stel om suksesvol te wees in en toegang te hê tot, lewenslange leer en goeie gehalte

opleiding (RSA 1995: Art. 4(5)).

Onderwys- en opleidingsgeleenthede moet toenemend toeganklik vir almal wees

(RSA 1995: Art. 4(6)).

Ongelykhede van die verlede moet aangespreek word en stappe moet geneem word

om agterstande uit te wis. Dit is in besonder van toepassing op diegene wat

besonder kwesbaar is, byvoorbeeld straatkinders, kinders wat nie skoolgaan nie en

gestremde kinders (RSA 1995: Art. 4(7)).

Hierdie Witskrif oor Onderwys en Opleiding het die weg gebaan vir ’n onderwysstelsel

waarbinne individue se reg tot selfbeskikking en gelyke geleenthede onbetwisbaar is.

Die sogenaamde Suid-Afrikaanse Skolewet, het kort hierna gevolg, en het sake in meer

detail uitgeklaar.

2.3.2.3 Suid -Afrikaanse Skolewet

Die Suid Afrikaanse Skolewet (RSA 1996b ) gee spesifikasies rakende onderwys. Vir

doeleindes van die studie word die volgende uitgewys:

Kinders is verplig om skool by te woon vanaf die eerste skooldag van die jaar waarin

hy/sy sewe word, tot die einde van die jaar waarin hy/sy vyftien jaar oud word, of

graad nege voltooi. Die verpligte ouderdom van leerders met spesiale

onderwysbehoeftes word egter deur die Minister van Onderwys bepaal (RSA 1996b:

Art. 3).

Openbare skole moet leerderstoelaa, sonder om op enige onredelike wyse teen hulle

te diskrimineer t en moet voorsiening vir hulle onderwysbehoeftes maak. Leerders

mag nie aan toelatingstoetse onderwerp word nie en mag nie toelating geweier word

omdat hulle, onder andere , nie die skoolfooie kan bekostig nie (RSA 1996b: Art. 5).

Die regte en wense van die ouers en die leerder moet in die geval van die toelating

van ’n leerder met spesiale onderwysbehoeftes in ag geneem word (RSA 1996b : Art.

5(6)).

Indien ’n leerder toelating tot ’n skool geweier word, moet die redes vir die weiering

skriftelik aan die ouers gegee word, en mag die ouers teen die weiering appelleer

(RSA 1996b: Art. 5(8 & 9)).

Die provinsiale regering moet voorsiening maak vir onderwys vir leerders met

27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!