INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF
INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF
INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Hoofstuk 2: ’n Beleidsoorsig

nodig vir dogters, arm kinders of gestremdes is om onderwys te ontvang nie (EENET

2001: 2).

2.2.3.2 Ras- en kultuurverskille in die Verenigde State van Amerika

In die Verenigde State van Amerika is daar sterk en omvattende beleid om gelyke

onderwysgeleenthede vir almal te voorsien. Inklusiewe onderwys word as die norm

aanvaar en integrasie en gelykheid word as maatstaf gebruik. Ten spyte hiervan is daar

steeds voorbeelde waar daar onderskeid gemaak word tussen rassegroepe en waar

kultuurgroepe verskillend behandel word.

Die sluiting van skole wat uitsluitlik voorsiening gemaak het vir swart leerders in die

Verenigde State van Amerika, na ’n Hooggereg shof-uitspraak in 1954, het die hoop in

dié land laat opvlam dat rasseskeiding in skole iets van die verlede was (Thigpen 2004:

32). Tog blyk dit dat daar steeds gereeld insidente plaasvind wat met

rassediskrimenasie en intoleransie verband hou. Rucker, in Harris (1996: 16), verklaar

na aanleiding van ’n insident by ’n skool in Georgia:

We felt it unequal treatment, a dual system of justice. Administrators are not

giving the black students the amount of respect they deserve.

Volgens Thigpen (2004: 32) bestaan sterk vooroordele steeds in klaskamers waar

opvoeders steeds van blanke leerders verwag om beter te presteer as leerders van

ander rassegroepe. Smith, in Barnes, Bentrup, Ekman en Brady (2004: 2), bevestig dit

en verklaar dat daar dubbele standaa rde by opvoeders bestaan:

(There is) a tendency to say, we feel sorry for (Afro-American) kids and don’t

want to push them too hard.

Barnes et al. (2004: 2) toon aan dat ’n opname in Washington DC in 2003 aangetoon het

dat 73% van swart graad vier leerders se vlak van lees onder standaard was. Thigpen

(2004: 32) bevestig dat blanke leerders in baie skole steeds beter presteer as hulle

anderskleurige eweknieë. Moontlike redes wat hiertoe kan bydrae, is onder andere ’n

anti-intellektuele kultuur (Noguera in Barnes et al. 2004: 4), ’n onkritiese houding van

swart ouers teenoor die skole (Ferguson in Barnes et al. 2004: 4) en ’n gebrek aan

stappe om die verskille uit te wis (Thernstrom in Barnes et al. 2004: 5).

21