02.05.2013 Views

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: ’n Beleidsoorsig

(d) Onderwyssteunpersoneel verbonde aan spesiale hulpsentrums

Die taak van onderwyssteunpersoneel verbonde aan spesiale hulpsentrums (soos

kinderleidingklinieke) en distrikte se steundienste, gaan in die inklusiewe stelsel ’n nuwe

dimensie kry, aangesien hulle ook verantwoordelik sal wees vir steun en bemagtiging

van opvoeders. Hulle moet dienooreenkomstig georiënteer word en opgelei word vir

hulle nuwe rolle om steun aan alle opvoeders te verleen. Die opleiding sal fokus op

steun vir alle leerders, opvoeders en die stelsel in die geheel sodat die volle spektrum

van leerbehoeftes ingesluit word. Die faktore betrokke by onderrig en leer sal

beklemtoon word en daar sal in besonder aandag gegee word aan die volgende aspekte:

Hoe om goeie onderrigstrategieë, waarby alle leerders sal baat, te ontwikkel.

Hoe om versperrings in die stelsel wat verhinder dat die volle spektrum van

leerbehoeftes aangespreek word, te oorkom.

Hoe om ondersteuningstelsels in die klaskamer aan te pak (RSA 2001: Art. 1.5.2).

(e) Skoolbestuur en Beheerliggame

Volgens die Suid-Afrikaanse Skolewet (RSA 1996b) is die taak van die beheerliggaam

van ’n skool onder andere om die skool se beste belange te bevorder en toe te sien dat

gehalte-onderwys aan al die skool se leerders voorsien word. Voorts bepaal die

beheerliggaam, in samewerking met die skoolbestuur, deur die daarstelling van onder

andere die skool se missie en gedragskode, die etos en kultuur van die skool (RSA

1996b: Art. 20(1)).

Beheerliggame kan slegs in die beste belang van skole optree as hulle ingelig is. Die

beheerliggame en bestuurspanne by skole moet dus in die algemeen georiënteer word

en die inklusiewe model moet aan hulle bekendgestel word (RSA 2001 : Executive

Summary Art. 14; RSA 2001: Art. 1.5.6.4).

Ontwikkelingsprogramme rakende skoolbestuur en –beheer moet hersien word en moet

onder andere fokus op:

Die bestuursimplikasies vir elk van die kategorieë van inrigtings (RSA 2001: Art.

1.5.2).

Die ontwikkeling van effektiewe leierskapsbeleide (RSA 2001: Art. 2.2.1.6).

Die ontwikkeling van effektiewe administrasie en programimplementering (RSA 2001:

Art. 2.2.1.6).

37

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!