02.05.2013 Views

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: ’n Beleidsoorsig

behartig nie en ander staatsdepartemente soos die Departemente van Gesondheid,

Maatskaplike Ontwikkeling en Openbare Werke word ook betrek. ’n Voorbeeld

hiervan is dat Departement van Openbare Werke tans ’n werkskeppingsprogram

loods waarin opritte vir rolstoele gebou word (RSA 2001: Art. 2.1.5 & 2.1.7)

Terwyl die proses van hervorming aan die gang is, moet die onderskeie ministeries

voorsiening maak daarvoor dat aan kinders en jeugdiges wat in die proses van

identifisering en assessering is, ondersteunende en effektiewe leer en onderrig

verskaf word, en dat gepaste assesseringspraktyke en duidelike kriteria en riglyne

bestaan en gevestig is om leerders te plaas (RSA 2001: Art. 2.2.1.3).

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling moet ’n program ontwikkel waar

spesiale maatskaplike behoeftes aangespreek word, insluitend die voorsiening van

toestelle soos rolstoele en gehoorapparate (RSA 2001: Art. 2.2.3.2).

Daar kan gesien word dat die effek van inklusiewe onderwys wyer gaan uitkring en ’n

groot aantal rolspelers gaan betrek.

2.3.3.10 Ouer- en gemeenskapsbetrokkenheid

Ouers is primêr verantwoordelik vir die opvoeding van hulle kinders en het ’n belangrike

rol te vervul om hulle kinders by te sta an om sukses te behaal. In Witskrif 6 word

voorskrifte in dié verband gegee:

By elke opvoedkundige inrigting moet vennootskappe met die ouers gevorm word

sodat hulle, ten spyte van beperkinge, deel kan hê aan die beplanning en

implementering van inklusiewe aktiwiteite en ’n groter rol kan speel in die leer en

onderrig van hulle kinders (RSA 2001: Art. 4.3.10.3).

Skole moet ouers dus as vennote in die opvoeding van lee rders betrek.

Samevattend tot die Suid-Afrikaanse situasie is dit duidelik dat ’n paradigmaverskuiwing

in die onderwys moet plaasvind wat die breër gemeenskap uiteindelik kan verander.

Suid-Afrikaners was vir so ’n lang tyd deel van ’n gesegmenteerde samelewing dat

inklusiwiteit slegs met ’n doelbewuste en daadwerklike poging kan slaag.

41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!