02.05.2013 Views

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: ’n Beleidsoorsig

(RSA 2001: Executive Summary Art. 14; RSA 2001: Art. 1.5.6.6; RSA 2001: Art.

4.3.10.1).

(c) Rolle van skole

Een van die belangrike fasette van inklusiewe onderwys is dat elkeen se rol duidelik

uitgeklaar moet wees. Dit is dus ook noodsaaklik dat skole moet weet watter veranderde

rolle en funksies aan hulle opgedra word. Die volgende is van toepassing:

Spesiale skole moet na hulpbronsentrums omgeskakel word. Die hulpbronsentrums

het twee hooffunksies, naamlik om onderwys aan hulle toegewysde leerders (dié met

ernstige of veelvuldige gestremdhede) te verskaf en om by

distrikondersteuningspanne in te skakel om aan skole in die distrik steun te verleen.

(RSA 2001: Art. 4.3.4; RSA 2001: Executive Summary Art. 14; RSA 2001: Art.

1.5.6.1).

Voldiensskole, voldiens volwasseleersentrums en voldiens verdere- en

hoëronderwysinstellings moet geïdentifiseer en gevestig word (sien b(RSA 2001 : Art.

4.3.5 ; RSA 2001: Executive Summary Art. 14; RSA 2001: Art. 1.5.6.3).

Huidige hoofstroomskole moet na algemene inklusiewe skole verander waar vir

leerders met geringe leerversperrings voorsiening gemaak word.

Sodra skole weet wat hulle rolle en funksies is, moet hulle op alle moontlike maniere

toegerus word vir hulle take.

2.3.3.5 Oriëntering en opleiding

Volgens Inglis (2001: 2) is die belangrikste uitdaging wat Suid-Afrika in die gesig staar,

die bemagtiging van opvoeders. Personeelontwikkeling is krities belangrik en word vir

die volgende vyf kategorieë beplan (RSA 2001 : 18):

(a) Opvoeders in die huidige hoofstroomskole

Inklusiewe onderwys kan slegs slaag as die opvoeders dit laat slaag. Dit vereis egter dat

vaardighede en kennis waaroor opvoeders beskik, moet uitbrei, en nuwe vaardighede en

kennis aangeleer moet word (RSA 2001: 18).

Professionele personeel by skole moet in die algemeen georiënteer word en die

35

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!