02.05.2013 Views

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: ’n Beleidsoorsig

direk leerders te ondersteun of om as konsultante of mentors op te tree vir die

skoolbestuurspanne, opvoeders en beheerliggame in die distrik (RSA 2001: Art. 3.8.6 &

3.8.7).

Omdat alle leerders nie dieselfde vlak van steun nodig het om hulle potensiaal te

ontwikkel nie , moet die inklusiewe -onderwysstelsel sodanig georganiseer word dat

verskillende vlakke en soorte ondersteuning verleen word (RSA 2001: Art. 1.4.2). Die

beleid hou gevolglik bepaalde implikasies vir elke skool in.

2.3.3.4 Implikasies van die beleid

Die transformasie en verandering wat voorgeskryf word in die beleid van inklusiewe

onderwys moet fokus op die volle spektrum va n onderwys en opleidingsdienste naamlik

nasionale- en provinsiale onderwysdepartemente, verdere- en hoëronderwysinrigtings,

algemene- en spesiale skole, ondersteuningsdienste, die kurrikulum,

assesseringspraktyke, onderwysbestuurders, opvoeders, ouers en die gemeenskap

(RSA 2001: Art. 2.1.14).

Ten einde die beleid van inklusiewe onderwys te implementeer, word die volgende

veranderinge en aksies vereis.

(a) Organisatoriese veranderings

Die organisasie binne die bestaande skoolstruktuur voldoen nie aan die beho eftes van

inklusiewe onderwys nie. Daarom moet die volgende beleids- en organisatoriese

veranderinge plaasvind:

Kapasiteit moet in die onderwysdepartemente gebou word om die beleid te

implementeer en in stand te hou (RSA 2001: Art. 4.3.1).

Toelatingsbeleide moet hersien word om leerders met spesiale onderwysbehoeftes

buite spesiale skole en –klasse in voldiensskole en algemene skole te akkommodeer

(RSA 2001: Art. 2.2.1.2).

Norme wat leerders volgens ouderdom gradeer, moet hersien word om leerders wat

as gevolg van hulle leerbehoeftes nie hierby kan inpas nie, te akkommodeer (RSA

2001 : Art. 2.2.1.2).

Behuisings- en vervoerbeleide en praktyke moet hersien word omdat dit as verkieslik

33

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!