INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF
INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF
INKLUSIEWE ONDERWYS: 'N BESTUURSPERSPEKTIEF
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Hoofstuk 2: ’n Beleidsoorsig

gestremdhede in algemene klasse te plaas. Op die platteland en in arm gemeenskappe

het suiban jiudu (om leerders met gestremdhede in algemene klasse in te sluit) eerste

gerealiseer omdat daar nie spesiale klasse, of geld vir spesiale onderwys was nie. Die

ervarings was dat skole aanpassings gemaak het om leerders te akkommodeer en

behoeftes aangespreek het soos wat dit na vore gekom het (McCabe 2003: 17).

In 1990 het wetgewing in China verskillende programme vir leerders aangemoedig. Die

programme het spesiale skole en spesiale klasse ingesluit, maar ook voorsiening

gemaak dat kinders wie se gestremdheid nie hulle prestasie in die klas belemmer nie,

algemene skole mag bywoon. In 1994 is ’n nasionale vergadering gehou om die

opvoeders se ervarings te evalueer en is ’n dokument getiteld Methods of Launching the

Work of Suiban Jiudu for Children and Youth gepubliseer waarin ’n oproep gemaak is dat

suiban jiudu die hoof modus operandi moet word (McCabe 2003: 17-19).

In die afgelope twee dekades is daar meer skakeling tussen China en die Weste

bewerkstellig. Die gevolg is dat beleidmakers en opvoedkundiges meer in voeling met

internasionale tendense, soos inklusiewe onderwys, kom. Volgens Deng in McCabe

(2003: 18) het China egter nie bloot die Westerse benadering tot inklusiewe onderwys

aangeneem nie, maar ’n kontinuum van dienste ontwikkel wat spesiale klasse, spesiale

skole en suiban jiudu insluit, en wat by China se historiese, sosiale, politiese en

ekonomiese situasie aansluit.

2.2.2.3 Groot Brittanje

In Groot Brittanje is in 1870 die eerste Onderwyswet aanvaar waarmee reeds gepoog

was om alle kinders in te sluit by onderwys. Volgens dié wet is van plaaslike owerhede

vereis om skoolbywoning vir alle kinders tussen 5 en 13 jaar oud te waarborg. Vanaf

1891 was onderwys vir alle leerders in Brittanje gratis (Know Brittian 2004a: 5). In die

twintigste eeu het onderwys in Groot Brittanje ’n sensitiewe sosiale, ekonomiese en

politieke kwessie geword en is onderwys beskou as die grondslag van die gemeenska p.

Die 1944 -Onderwyswet het dit duidelik in Artikel II(7) gestel dat onderwys in belang van

elke individu moet wees en nie bloot die kommunikering van akademiese inligting kan

behels nie. ’n Holistiese benadering is bepleit om die leerders as volwaardige lede van

15