02.05.2013 Views

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

(a) enige departement van die staat of administrasie in die nasionale,

provinsiale of plaaslike sfeer van regering; of

(b) enige ander ampsbekleër of instelling wat -

(i) ’n gesag uitoefen of ’n funksie ingevolge die Grondwet of ’n provinsiale

grondwet verrig; of

(ii) ’n publieke gesag uitoefen of ’n publieke funksie ingevolge enige

wetgewing verrig, sluit nie ’n hof of regterlike beampte in nie;

“sertifikaat van geskiktheid” beteken ‘n sertifikaat beoog in artikel 41;

“sertifikaat van registrasie” beteken ‘n sertifikaat beoog in artikel 64;

“spuit” beteken om met enige gevaarhoudende stof te spuit, verflaag te gee,

oorblaas of epoksiverf en “spuiting” het ‘n ooreenstemmende betekenis”

“spuitpermit” beteken ‘n permit beoog in artikel 124;

“spuitkamer” beteken ‘n kamer beoog in artikel 123;

“straat” beteken enige straat, pad, fietspad, deurgang of enige ander plek,

ingesluit –

(a) enige rand van sodanige pad, straat of deurgang;

(b) enige voetpad, sypaadjie of soortgelyke voetganger gedeelte van ‘n

padreserwe;

(c) enige brug, pont of drif wat enige sodanige pad, straat of deurgang kruis;

(d) enige ander voorwerp behorende tot sodanige pad, straat of deurgang wat

op enige tydstip –

(i) aan die publiek opgedra is;

(ii) deur die publiek sonder onderbreking gebruik is vir ‘n periode van ten

minste dertig jaar;

(iii) verklaar of sodanig aangewys is deur die munisipaliteit of ander

bevoegde gesag; of

(iv) gebou is deur ‘n plaaslike owerheid; en

(v) enige grond, met op sonder geboue of strukture daarop, wat aangetoon

word as ‘n straat op –

(aa) enige onderverdelingsplan of diagram goedgekeur deur die

munisipaliteit of ander bevoegde gesag waarop gehandel is; of

(bb) enige algemene plan soos omskryf in die Grondopmetingswet,

1977 geregistreer of geliasseer in die akteskantoor of kantoor van

die landmeter-generaal, tensy sodanige grond op sodanige plan

of diagram omskryf word as ‘n private straat;

‘‘stoorkamer’’ beteken ’n kamer vir die opberging van vlambare stowwe soos

beoog in artikel 79;

“stort” beteken om van enige gevaarhoudende stof afstand te doen of weg te

doen deur afsetting, morsing of vrylating daarvan;

“Strafproseswet” beteken die Strafproseswet, 1977 (Wet No 51 van 1977);

‘‘summiere bedwinging’’ beteken om ’n toestand onmiddellik te evalueer as ’n

brandgevaar of ander dreigende gevaar vir lewe of eiendom en om te gelas dat

sodanige toestand onmiddellik reggestel word;

‘toevoerroete” beteken daardie gedeelte van ‘n ontsnaproete wat beweging in

twee verskillende rigtings na die toegangsdeure van ten minste twee noodroetes

toelaat;

11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!