02.05.2013 Views

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

(b) die storingsarea goed geventileer en met ‘n maasdraad heining omhein

is;

(c) die heiningondersteunings van staal of versterkte beton is;

(d) die hek van die storingsarea na buite oopmaak en dit toegesluit is

wanneer nie in gebruik;

(e) wanneer die vloeroppervlakte 10m² oorskry, ‘n addisionele

ontsnappingshek toegerus met ‘n skuifgrendel of ander soortgelyke

sluitapparaat wat van die binnekant sonder die gebruik van ‘n sleutel

oopgemaak kan word, geïnstalleer is; en

(f) die storingsarea vry is van plantegroei en ‘n onbrandbare, stewige en

gelyk basis het.

(6) Wanneer die hoeveelheid van vlambare en brandbare vloeistowwe wat

opgeberg word meer is as 100 liter van klas I en/of meer as 200 liter van

klas II en IIIA gekombineerd, moet sodanige vlambare en brandbare

vloeistowwe in ‘n stoorkamer gestoor word.

(7) Enige persoon wat subartikels (1), (2), (3), (4) en (6) oortree begaan ‘n

misdryf.

HOOFSTUK 10 : GEVAARHOUDENDE STOWWE

100. Aansoek vir goedkeuring van planne

(1) Nieteenstaande die bepalings van die Wet op Nasionale Bouregulasies en

Boustandaarde, 1977 moet elke eienaar van persele op of waarin enige

uitleg of strukturele verandering beoog word, of waarop enige fasiliteit vir of

in verband met die gebruik, opberging of hantering van gevaarhoudende

stowwe opgerig of geïnstalleer word, planne in drievoud op die

voorgeskrewe vorm aan die munisipaliteit voorlê.

(2) Die gelde vir die ondersoek van planne is soos bepaal in die munisipaliteit

se Tariefbeleid, welke gelde die plan indieningsgelde gehef deur die

boubeheerbeampte uitsluit.

(3) Behalwe planne wat geag word klein bouwerk te behels, moet alle planne

voorgelê aan die brandweerhoof die amptelike stempel of merk van die

boubeheerbeampte bevat.

(4) Geen konstruksiewerk of installering mag ‘n aanvang neem nie tensy die

boukontrakteur in besit is van amptelik goedgekeurde planne, welke planne

die kommentaar van die brandweerhoof moet insluit. Die planne moet vir

die duur van konstruksie of installeringswerk op die perseel vir inspeksie

beskikbaar wees.

(5) Die bepalings van artikel 23 van die Wet op Nasionale Bouregulasies en

Boustandaarde, 1977 is van toepassing op die goedleuring van alle planne

soos beoog in hierdie artikel.

(6) Die goedkeuring van enige plan deur die munisipaliteit sal ongeldig wees

indien die geboue, konstruksies of installerings nie binne een jaar van die

datum van sodanige goedkeuring, ooreenkomstig die goedgekeurde planne

opgerig is nie.

51

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!