02.05.2013 Views

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

(3) Indien die munisiapliteit besluit om ‘n openbare ondersoek te hou, moet dit–

(a) ‘n toepaslik gekwalifiseerde persoon of paneel van persone aanstel om

sodanige ondersoek te hou; en

(b) die prosedure vir die openbare ondersoek bepaal, wat ‘n openbare

verhoor mag insluit.

(4) Die persoon of paneel persone aangestel om sodanige ondersoek te hou

moet die ondersoek ooreenkomstig die voorgeskrewe prodedure uitvoer en

‘n geskrewe verslag oor die ondersoek aan die portefeulje komitee opstel

en redes verskaf vir enige administratiewe aksie wat aanbeveel word.

(5) Waar prakties, sal die munisipaliteit so spoedig moontlik na voorlegging van

die verslag aan die betrokke portefeulje komitee, ‘n bondige opsomming

van sodanige verslag en die besonderhede en plekke en tye waarop die

verslag geïnspekteer en gekopieër mag word, publiseer; en

(6) Nadat die munisipaliteit enige kommentaar of beswaar ten opsigte van

sodanige verklaring of afskaffing in ag geneem het, mag dit ‘n

brandbeheersone verklaar of enige sodanige brandbeheersone betrokke

afskaf.

(7) Die munisipaliteit moet sodanige sone of gewysigde sone publiseer.

HOOFSTUK 8 : ALGEMENE BEPALINGS MET BETREKKING TOT GEBRUIK,

HANTERING EN OPBERGING VAN VLAMBARE STOWWE

75. Algemene verbodbepalings vir die gebruik, hantering en opberging

van vlambare stowwe

(1) Geen persoon wat ‘n vlambare stof gebruik, hanteer of opberg of die

gebruik, hantering of opberging daarvan op enige perseel toelaat, mag –

(a) enigiets doen of toelaat dat enigiets gedoen word wat ‘n brand of

ontploffing mag veroorsaak nie;

(b) enigiets doen of toelaat dat enigiets gedoen word wat die ontsnapping

na veiligheid van enige persoon of dier tydens ‘n noodgeval mag

belemmer nie.

(2) Geen persoon mag –

(a) enige vlambare stof stort of uitgooi of toelaat dat dit gestort of uitgegooi

word in enige boorgat, riool, dreinstelsel of oppervlakwater nie;

(b) enige vlambare stof wegdoen of toelaat dat dit weggedoen word van

enige perseel op enige wyse anders as deur ‘n bevoegde persoon wat

behoorlik toegerus en gemagtig is om dit ingevolge hierdie verordening

te doen;

(c) enige vuur of apparaat wat geskik is om ‘n oop vlam te produseer binne

5 meter van enige plek waar ‘n vlambare stof opgeberg word, maak of

bring of enige ander persoon toelaat om dit te doen nie;

(d) enige apparaat in verband met ‘n vlambare stof, anders as ‘n gassweis

of snyapparaat, wat uitsluitlik gebruik word vir onderhoud van die gebou,

in enige keldervlak van ‘n gebou gebruik of die gebruik daarvan toelaat

nie;

41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!