02.05.2013 Views

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Gevaarhoudende Stowwe, 1973 en enige ander regulasies gemaak

ingevolge hierdie wette, na gelang van die geval.

(2) Enige persoon wat by wyse van enige handeling of versuim enige bepaling

van hierdie artikel oortree begaan ‘n misdryf.

110. Groep II gevaarhoudende stowwe

(1) Draagbare houers

(a) Alle draagbare metaalhouers en verbandhoudende apparaat vir Groep

II gevaarhoudende stowwe moet vervaardig, gemerk, onderhou, gevul

en opgeberg word ooreenkomstig die bepalings van SANS 10019,

SABS 0228, SABS 0229 en SABS 0238, na gelang van die geval.

(b) Alle draagbare metaalhouers vir vloeibare petroleumgas moet

opgeberg, gevul en/of geïnstalleer word ooreenkomstig die bepalings

van SABS 0228, SABS 0229, SANS 0238, SANS 10019 en SANS

10087, Dele 1 tot 10, na gelang van die geval. en SABS 0238, na

gelang van die geval.

(c) Alle draagbare houers vir Groep II gevaarhoudende stowwe moet te alle

tye vervoer, opgeberg en/of geïnstalleer word in ‘n vertikale posisie.

(2) Grootmaat houers

(a) Alle grootmaat houers vir Groep II gevaarhoudende stowwe moet

ontwerp, vervaardig, onderhou en geïnstalleer word ingevolge die

bepalings van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet

85 van 1993) en enige regulasies gemaak kragtens die Wet, SANS

10087-3 en die bepalings van die Wet op Nasionale Bouregulasies en

Boustandaarde, 1977 en die vereistes van enige regulasies gemaak

kragtens die Wet, na gelang van die geval.

(3) Veelsoortige installasies

(a) Geen Groep II gevaarhoudende stof mag vir welke rede ookal, gebruik,

hanteer of geïnstalleer word binnedeurs in enige veelsoortige installasie

of andersins op enige perseel nie.

(b) Die bepalings van hierdie artikel is nie van toepassing op die opberging,

gebruik, hantering en installering van enige draagbare vloeibare

petroleumgashouer met ‘n maksimum waterkapasiteit van 24 liter binne

‘n losstaande privaat woning nie, op voorwaarde dat sodanige houer

uitsluitlik gebruik word vir bona fide residensiële doeleindes; Met dien

verstande dat sodanige silinders geïnstalleer word ooreenkomstig die

vereistes van SANS 10087-1.

(i) Enige persoon wat bewys lewer, soos beoog in subartikel (4)(b), moet

‘n goedgekeurde professionele ingeneur of ander geregistreerde

bevoegde persoon wees en ingevolge Regulasie A19 van die

Nasionale Bouregulasies aangestel wees deur die eienaar of

okkupeerder van die gebou betrokke.

(ii) Wetenskaplik gefundeerde gedetailleerde berekeninge en toetse

moet die basis vorm van sodanige bewys.

(4) (a) Geen persoon mag sonder toestemming van die brandweerhoof enige

hidrogeen gevulde draagbare houers, hidrogeen apparate en/of

59

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!